Francois Bloemhof
 
Mei 2011


skrywers

storiemakers


 

 

Francois Bloemhof is ernstig oor sy boeke - of dit rillers of rekenaarspeletjies is. Maar is hy sit nie en bleik agter sy rekenaar nie...

François Bloemhof skryf boeke vir volwassenes, tieners en jong lesers. Sy werk is in al drie kategorieë meermalig bekroon.

Dit het alles in graad nege begin, toe sy Engels-onderwyseres hom 97% gegee het vir 'n kortverhaal. Toe kom die groot vasbyt, want hy het jare lank (grusame) Engelse kortverhale vir tydskrifte gestuur en hulle kon dit nie gou genoeg terugstuur nie ... tot hy vir die grap 'n lighartige Afrikaanse verhaal vir Huisgenoot geskryf het en sy vriende se name daarin gebruik het. Dit is aanvaar en sedertdien het hy al "so iewers oor die tweehonderd" tydskrifverhale gelewer.

Hy beskou sy boeke egter as sy "eintlike produkte". Hy het weggetrek met 'n Sanlam/De Kat-prys vir Die nag het net een oog en sy eerste vier boeke is ten spyte van groot verskille as "rillers" beskou. Met die fantasieroman Storieboek was dit egter duidelik dat hy hom nie so maklik wou laat klassifiseer nie. En hoe later hoe kwater.

Hy het ook vir tieners begin skryf en geniet baie sukses op hierdie terrein, ondanks omstredenheid omdat hy kwessies aanraak wat ver van dié in die ou Trompie-boeke verwyder is.

Verder gaan 'n veelbekroonde Rillers-reeks by Human & Rousseau vir jong lesers van krag tot krag.

Hy het ook al sukses behaal met die skryf van tekste vir die verhoog ('n kabaret, tienerstuk en "rondloop-rildrama" vir die KKNK) en radio (dramas en vervolgverhale).

François se raad vir beginnerskrywers is: "Skryf net die ding en klaar."

Publikasies

Sy volwasse romans is:

  • Die nag het net een oog - 1991
  • Die duiwel se tuin - 1993
  • Koue soen - 1994
  • Bloedbroer - 1995
  • Storieboek - 1996
  • Mooidraai Basuin: 'n tydskrifroman - 1997
  • Nagbesoeker - 1997
  • Hostis: met oorspronklike CD-klankbaan - 1998
  • Klipgooi - 1999
  • 'n Tweede asem vir Jan A - 2001
  • Spinnerak (Alma van der Pool 1) - 2006
  • Jagseisoen (Alma van der Pool 2) - 2007
  • Rooi Luiperd (Mark Steyn 1) - 2008
  • Harde woorde (Alma van der Pool 3) - 2009
  • Afspraak in Venesië (Mark Steyn 2) - 2009
  • Die onbekendes - 2010
  • Die Genesis-faktor (Mark Steyn 3) - 2010
  • Helse manier van koebaai sê (Mark Steyn 4) - 2011

Vir tieners:

  • Slinger-slinger - 1997
  • Die wit huis - 1998
  • Die dae toe ek Elvis was - 2000
  • Nie vir kinders nie - 2005
  • Stad aan die einde van die wêreld - 2007
  • Moenie dat die grootmense hoor nie - 2009

Vir jong lesers:

  • Middernagland - 1996
  • Die vrou met die pers oog*- 1996
  • Donkerwoud* - 1996
  • Die waterding* - 1997
  • Kamer 13* - 1998
  • Die speletjie:* met interaktiewe rekenaarspeletjie - 1999
  • Kry vir jou, ou Langklou* - 2000
  • Hospitaaltyd* - 2002
  • Agent Snoet en die Botterdiamant (comic) (by Lapa) - 2002
  • Vampiere in Londen* (2004)
  • Agent Snoet en die Kattekwaad (comic) (by Lapa) - 2005
  • Rillers-omnibus - 2006
  • Agent Snoet en die Hondelewe (Felino 3) - 2008
  • Flipom (Die spring-ding/Projek Zero) - 2009
  • 13 spookstories (saam met Jaco Jacobs en Fanie Viljoen) - 2010
  • Agent Snoet en die Groen Genugtig (Felino 4) - 2010

    * in Human & Rousseau se Rillers-reeks

Vir nog jonger lesers:

  • Die dom towenaar - 1994
  • Sakkie en die Toffiewolf (by Juta) - 1994
  • Middernagland - 1996
  • Dinnie Kaboef (by Juta)- 1997
  • K-TV Holiday Fun (pret- en aktiwiteitsboek) - 1997
  • 'n Dag om te vier! - 2003
  • Wie wil wat wees? - 2003
  • Spinnekoppe in die huis - 2003
  • Blink gedagtes (saam met Johan van Lill) - 2003
  • My grillerige alfabet - 2011

As samesteller:

  • Donker veld: spanningsverhale (by Lapa) - 2002
  • Die boek van spoke (by Tiara, slegs vir Leserskring) - 2004
  • Donker plekke: spannings- en misdaadverhale - 2011
  • Onder die skuilnaam Leo Bekker:
  • Dinge met tande - 1995
  • Sprong - 1998

(Inligting verskaf deur Francois Bloemhof, Maart 2000, Julie 2005, Mei 2011)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012