Heléne Roux
 
April 2003


skrywers

storiemakers


 

 

Lien Roux-de Jager (Heléne Roux) het met fossiele gewerk, poppeteater gedoen en draaiboeke geskryf.

Lien in ‘n neutedop:

Gebore in Pretoria in 1940, gematrikuleer aan die Afrikaanse HoŽr Meisieskool, Pretoria in 1957. Is nou getroud met dr Johann de Jager. Ek het twee dogters, twee skoonseuns en vier kleindogters. My stokperdjie is houtbeeldhouwerk, en ek is ‘n kroniese leser van alles waarop ek my hande kan lÍ.

Kwalifikasies BA (UNISA).

Ek het 'n lang loopbaan in die Staatsdiens gevolg, waaronder ek verskeie vreemde dinge gedoen het - soos fossiele onder ‘n mikroskoop voorberei vir navorsing.

  • Sedert 1981 was ek ‘n bedryfsjoernalis, onder meer:
  • Redakteur van die kindertydskrif SKIPPER vir die Departement Omgewingsake
  • Redakteur van FOCUS, die in-huis nuusbrief vir die RGN
  • Redakteur vir FORUM,die in-huis nuusbrief van die ou Transvaalse Provinsiale Administrasie (ook verskeie ander publikasies)
  • Redakteur van BULLETIN, nuusbrief vir die Sielkunde- vereniging van Suid-Afrika.
  • Redakteur van MONITOR, nuusbrief vir die SA Mediese en Tandheelkundige Raad
  • Redakteur van INTERFACE,nuusbrief vir die maatskappy Technicare
  • Redakteur van KRUIN KOERIER, gemeentemaandblad.

Ek het ook ‘n verskeidenheid draaiboeke vir dokumentÍre videos geskryf, kinderwerk gedoen vir radio, ‘n reeks oor padveiligheid vir kinders vir die destydse Bophutatswana, poppeteater, en ‘n verskeidenheid artikels vir ‘n verskeidenheid tydskrifte, veral oor toerisme en natuurbewaring.

Noudat ek nie meer voltyds werk nie, het ek weer hard begin skryf - daar is twee manuskripte by die uitgewers op die oomblik, ons sal maar sien wat die publikasiemoontlikhede is.

Publikasies onder die naam Heléne Roux:

  • 1983 - Kamp F51 (Tafelberg Uitgewers)
  • 1984 - Salakwanda die Towenaar (Tafelberg Uitgewers)
  • 1989 - Anderkant die Berge (Daan Retief Uitgewers)
    (Ook vertaal - Beyond the Mountains)
  • 1990 - Eendag was daar ‘n oorlog (Tafelberg Uitgewers)
    (Finalis - een van 10 - vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur vir daardie jaar)
  • 2001 - Monsterduiwe (LAPA Uitgewers)
(Inligting verskaf deur Lien-Roux de Jager, Maart 2000. Bygewerk April 2003.)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012