Marlene le Roux
 
Maart 2000


skrywers

storiemakers


 

 

Marlene le Roux skryf kortverhale, vervolgverhale, spanningsverhale, jeugverhale. Die Vlindervanger was ook 'n radiodrama en 'n film.
Marlene le Roux

Gebore en getoŽ in Bloemfontein. Getroud met 'n man wat aan die akademie verbonde was en deesdae afgetree is. Ons het drie kinders en vyf kleinkinders en woon steeds in Bloemfontein.

Ek het in tydskrifte begin skryf, eers kortverhale en later vervolgverhale. Vyf van die ses spanningsverhale was aanvanklik vervolgverhale in die Sarie. My eerste boek, Die Vlindervanger is as radiodrama verwerk en ook verfilm.

Publikasies

  • Die Vlindervanger (Tafelberg-Uitgewers) 1973
  • Piroop is Rooi (Tafelberg-Uitgewers) 1974
  • Die Turkse Pyl (Tafelberg-Uitgewers) 1975
  • Valke oor Delphi (Tafelberg-Uitgewers) 1978
  • Alles op die Spel (Tafelberg-Uitgewers) 1979
    [Dit het die eerste prys in 'n jeugverhaalwedstryd wat deur die tydskrif Sarie en Tafelberg-uitgewers uitgeskryf was, verower en het eers as vervolgverhaal in die tydskrif verskyn voor dit in boekvorm uitgegee is.]
  • Die Vonds (Tafelberg-Uitgewers) 1980
  • Blomme in die Ryp (Tafelberg-Uitgewers) 1982
  • Wagkamer (Human en Rousseau) 1985
  • Die Koms van die Fluitspeler (J.P. van der Walt-Uitgewers) 1989
    [Naaswenner-Volkskasbankprys]
  • 'n Uil op die VoŽlhok (J.P van der Walt) 1991 [ Volkskasbankprys]
  • Die Prys van 'n Witkruis (Tafelberg-Uitgewers) 1991
  • Groen is die Kleur van Genade (J.P. van der Walt) 1993 [Volkskasbankprys]
  • Sterling (Tafelberg-Uitgewers) 1994 [ATKV-Toekenning]
  • Fokus op Stella (Tafelberg-Uitgewers) 1996
  • Die PasaangeŽr (J.P van der Walt) 1999
(Inligting verskaf deur Marlene le Roux, Maart 2000)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012