Selfone,
skelms & sjokolade
is 'n spanningsverhaal oor die lewe van vyf hoërskoolmeisies
(Lindie, Mia, Talita, Andrea en Gina) verbonde aan Hoër Meisieskool
Bergrif. Ná die vakansie het Gina teruggekom met 'n baie
"weird" haarstyl waarvoor haar maats lekker gelag het.
Haar niggie wil 'n haarkapper word en het 'n oefenlopie op haar
uitgeoefen. Daar is twee geheimsinnige mans wat Talita-hulle aanhoudend
en tot in die Menlyn-winkelsentrum agtervolg, want haar stiefpa
skuld hulle blykbaar geld. Diaan, een van julle maats, het gesien
dat die twee geheimsinnige mans Talita-hulle gejaag het en het tot
hul redding gekom. Diaan en Lindie raak verlief. Almal het gedink
dat George (die nuwe sekuriteitswag by die skool) verlief was op
Talita, maar hy was eintlik een van die skelms. George gebruik die
loper om in te gaan net waar hy wil en sluit vir Talita toe. Sal
sy kan ontsnap? Ek hou van die boek, want daar gebeur snaakse dinge.
Dit maak meisies bewus van wat in die werklike lewe met 'n mens
kan gebeur. Die taalgebruik is tipies soos ons tieners praat.
Karien Oosthuizen (13)

|
Oorleef
op die see
is 'n baie interessante boek met klomp feite. As jy 'n avontuurlustige
persoon is, is die boek beslis vir jou. Die boek het 'n goeie hardebandomslag
met golwe op die voorkant. Binne is baie mooi prente. Die boek sê
vir jou hoe om uit 'n sinkende boot te kom en het baie idees vir
oorlewing. Daar is baie selfdoentakies, bv. maak 'n lewensboei van
'n sak. Dit sê ook vir jou wat al jou benodigdhede sal wees, soos
'n sak. Daar is nog twee ander boeke in die reeks en almal het 'n
klomp vrae agter in die boek. Dit is 'n baie goeie boek om iewers
heen te vat saam met jou.
Paul Greeff (11)

|
Daar
is vlooie in my bed (Janie Oosthuysen/Johan Stapelberg)
1. Die voorblad van die boek is mooi behalwe vir die oranje. 2.
Die begin van die storie lok my om verder te lees. 3. Die sketse
is goed gedoen en laat die storie lewe. 4. Die stories in die boek
is lekker kort, snaaks en mooi geskryf. Toe die ou gesê het hy gaan
honderd hase uit die hoed toor en toe kom daar honderd rotte uit
en die mense so spring en skree en weghardloop het ek lekker gelag.
5. Die einde het goed afgeloop.
Marjolé Mulder (13)

|
Sit
oom Paul!
was 'n baie lekker boek. Dis die perfekte boek vir iemand wat nie
iets voorspelbaars soek nie. Die boek het snaakse kinkels,draaie
en swaaie wat, mens nie verwag nie, wat net ewe skielik hul opwagting
maak en jou van vooraf verras. Die boek eindig op 'n snaakse noot.
Dis een van daardie boeke wat jou laat wens die boek hou nooit op
nie en daarby is dit onmoontlik om die boek neer te sit jy wag in
spanning vir die volgende vrye tyd wat jy het sodat jy verder kan
lees. Tog is die boek effens skokkend. As jy Breinbliksem
gelees het en nie daarvan gehou het nie, sal ek ook nie hierdie
boek aanbeveel nie
Tiané Goosen (15)

|
Die
beste spookstories van C.J. Langehoven is 'n definitiewe
treffer! n Omnibus van ware spookstories wat Langehoven self by
verskeie getuies gaan luister het en oorvertaal het in Afrikaans.
Daar is ook baie bekende spookstories in soos "Die spook van vergeleë"
en ander. Die boek het my baie geïnteresseer asook baie laat
dink aan moordstories en ander vreemde verskynsels. Ek kan vir ure
voor die boek sit en nie 'n oog knip nie. Dit is 'n vervolg op 'n
redelike ou en baie goeie boek. Baie mens het gedink die boek sal
nie die paal haal nie, maar wie ookal so gedink het was defintief
verkeerd. n Uitstekende boek deur 'n uitstekende skrywer!
Japie Kruger (11)

|
Jaco
Jacobs skryf die mooiste stories. Mens kan sommer hoor en sien wat
in die stories gebeur. Alhoewel ek 'n meisie is, hou ek baie van
sy boeke. Ek het gegril toe ek uitvind dat die vlermuise 'n meisie
geëet het in Nagvlerke en die
stories in Net aliens eet spinasie
is lekker kort om vinnig te kan lees. Hy skryf baie interessant
en ek kan nie wag om nog van sy boeke te kan lees nie.
Marjolé Mulder (13)

|
Wat
maak Carina Diedericks-Hugo so gewild? Sy is tog maar net een van
ons land se top kinder skrywers en al haar boeke is wenners!! Al
haar boeke het kort hoofstukke wat alles so interessant maak! Nie
een hoofstuk is lank dat dit later vervelig raak nie. Ek is hoofseun
van my skool en met my besige skedule het ek nagmerrie.net
in een middag klaar gelees. Dis nie net haar boeke wat flippen cool
is nie, maar ook sy! Wêreldboekedag is altyd so vervelig tot dit
Carina se beurt is om te praat. As Hoofbiblioteek-prefek weet ek
alles van boeke af. Baie mense dink as jy lees is jy 'n "nerd",
maar nie by Laerskool Eikestad nie. Daar speel jy rugby en lees
jouself simpel!! Ek is besig om GROOT poster van Carina en haar
boeke te beplan vir ons bib. Carina in net die beste!!!
Adriaan Louw (13)

|
Thomas
@ nagmerrie.net
gaan oor Thomas, 'n tienerseun in gr.9. Die mooiste tieneraktrise
in die land kom in hul skool in en lê by hom aan. Dit veroorsaak
probleme tussen hom en sy meisie. Dan sit hy nog met sy nagmerries
wat op mekaar volg - nie normaal!! Die lewe is hel. Sy nagmerries
word bewaarheid. Die boek is FUNKY!!! As tiener moet ek sê ek sal
die boek enige tyd weer lees. Daar is ons alledaagse probleme met
ouers wat ons nie verstaan nie en maats wat nie luister nie en die
algemeenste, ons liefdesprobleme. Drome word bewaarheid. 'n 'Famous'
persoon kom in die skool in! Soos wat ek nog altyd gedink het, is
die skool groot en hul ego's groter. LEES DIT, en doen jouself 'n
guns!!!
Magde-Mari Greeff (15)

|
Hallo,
ek is Retha. Ek is Rikus se sussie. Ons sit hier by Mamma by haar
werk, sy doen pasiente nou speel ons op haar rekenaar en Rikus wys
my hoe om in te skryf. Ek hou nog baie van Balkie
en Mamma laat my al sy stories lees. Ek vertel vir Mnr Terblanche
van Balkie, ons het die boek in die klas gelees en dit was lekker.
Nou praat almal soos die Balkie!
Retha van der Walt (10)

|
My
ma skryf stories. Vandat ek klein was het sy vir my stories geskryf
en vertel van insekte (my favourite). As dit aand word wens ek,
ek was nog klein om weer die stories te hoor. Nou word die stories
weer vertel vir my suster se kinders. Al is sy nie 'n beroemde skrywer
nie het haar stories vir my baie lesse in die lewe geleer. Dankie
vir Afrikaanse stories.
TC Peters (14)

|
Hallo,
Pippie Langkous. Ek is so bly
dat ek met jou kan kontak maak, ek wil nog al die jare met jou praat.
Ek hou verskriklik baie van jou stories! Ek sal ook so boom soos
joune wil hê wat in my tuin is, en is meneer Jacobus regtig so woelig
soos jy in die boek sê. Ek wil ook saam met jou op 'n skip na Koeries
eiland toe gaan, en voel hoe dit is om heeltyd te jok as jy van
die skip af kom. Ek dink jy is baie oulik.
Anita Jonker (9)

|
Ek
het pas 'n boek met die naam Vyf dae in
Julie klaar gelees. Dit gaan oor twee leerlinge van Linden
wat geontvoer word en na Angola geneem word. Daar moet hulle probeer
ontsnap, maar dit is nie vir hulle maklik nie. Hul ouers sit op
'n wildsplaas in Namibia en is dood van bekommernis. Dit is 'n uitstekende
boek vir enige iemand wat hou van aksieverhale.
Sanet Strydom (14)

|
Verjaarsdagwedstryd
2006
Die
wenners is: Karien Oosthuizen en Tiané Goosen
|