2005-10-01


jongklomp

gril!grot

Die wraak van Erik, die vampire
Fanie Viljoen

4


Uit die donker binnekant van die rekenaarskerm breek 'n koggelende lag uit.
Maar toe hou dit op. Die lag verander in 'n geskree. Daar is nou ander stemme ook … Drie stemme. Die een wat die duidelikste opklink is kwaai, asof dit 'n onderwyseres is.
"Jy dink jy kan maak soos jy wil, Erik! Jy dink nog steeds jy is 'n vampier, selfs al het daardie kaptein jou geleer mens speel nie met vampiere nie. Maar laat ék vir jou vertel - jy speel ook nie met spoke nie!"
Marius besef skielik wie nou daar praat. Dis mevrou Theron vir wie Erik eerste doodgebyt het in die storie.
Hy hoor Erik se benoude stem eggo uit die rekenaarskerm. Toe is daar 'n harde geluid. En Erik se stem word skielik stil. Marius weet meteens wat gebeur het: mevrou Theron het nou finaal met Erik afgereken.
Marius sit nog daar op die vloer voor die rekenaar. Hy voel na sy nek. Dit pyn nog en daar is bloed aan sy vingers, maar daar is ook bloed aan die glasskerwe in die skerm. So dit was al die tyd nie Erik wat hom gebyt het nie, maar net die glasskerwe wat in sy nek gesteek het …

End

Terug na begin

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos


STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes
Gebou en onderhou deur Franci Greyling

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2005