2013-08


jongklomp

gril!grot

As die lig afgaan
Fanie Viljoen

Nog twee minute dan sal ek weet of dit gewerk het.

Ek hou die liggie dop. Dis nog groen.

Daar is ’n tollende zoemgeluid.

Een en ’n halwe minuut.

Die DING wou my mos jaag. Hy het seker gedink ek is dom.

(Een minuut.)

Die DING het seker gedink ek is ’n maklike prooi.

(’n Halwe minuut.)

Maar toe lok ek hom hiernatoe. En nou is hy daarbinne. Omdat ek gemaak het of ek in die gat gaan klim.

(Vyftien sekondes.)

Hy het te laat besef dit was ’n fout. Maar toe het ek die deur al toegeklap. Hy het benoud teen die deur se venster geklap.

Vyf.

Vier.

Drie.

Twee.

Een.

Die liggie gaan af. Die wasmasjien het klaar gewas. Kom ons kyk of die DING dit oorleef het ...

Die storie is geskryf deur Fanie Viljoen. Kopiereg Fanie Viljoen.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos


STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes
Gebou en onderhou deur Franci Greyling

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2011