Sproetgesig Alex trap sy fiets dat die remme fluit. Die koue lug sny deur sy wange soos hy die top van die heuwel nader. Die twaalfjarige is soek na sy pa. Hy sug en skuif sy effens te groot bril terug op sy neus.
“Maar, ou mense is VERVELIG!” Elana stamp haar voet teen die grond. “Hoekom kan ek nie net by Marelize gaan oorslaap nie?”
Elana se ma gluur haar aan. “Ouma Nettie is dierbaar! Hou nou op kla, ek en jou pa moet amper ry.”
“Skoert, jou vieslike gedierte!”
Anja se krieketkolf tref die zombie se kop met ’n dowwe DONK. Die zombie wieg effens agteruit en kry ʼn verwarde kyk op sy muwwerige groen gesig.
’n Blou oog, detensie en bowenal het hy nog die bus ook verpas. Kevin stap huis toe na skool. Skool is nooit lekker vir hom nie, maar vandag was bietjie erger as gewoonlik.
“Daar bestaan nie so ‘n ding soos spoke nie, man,” grom ek vies.
“Maar boetie, ek het regtig gisteraand een gesien. Hy was in my kamer,” neul die sesjarige Tanya eenstryk deur.