kuier by

Kuier by…

Skrywers om by te kuier

Kuier by An-Mari do Carmo

“Ek het my belangrikste boek eerste geskryf. Ek dink my boek gee vir mense ʼn gevoel van hoop.” An-Mari do Carmo en Anneke Langner gesels oor die agtergrond van An-Mari se debuutroman, Toe als groen was.

Cliffordene Norton

Kuier by Cliffordene Norton

Cliffordene Norton se debuutjeugroman het so pas verskyn. Minette van Vuuren, ‘n skryfkunsstudent, het met Cliffordene oor haar skrywerspad en “Om jou te ken” gesels.

Dana Snyman

Kuier by Dana Snyman

“Ek is mal oor oom se skryfwerk – ek gebruik dit altyd vir my dramaopvoerings.” Kuier saam met Ané Smith by die meesterstorieverteller, Dana Snyman.

Linki Brand

Kuier by Linki Brand

Linki Brand is die illustreerder van kinderboeke soos “Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo” en die “Magriet-reeks”. Henrico Greyling het vir Linki oor die kuns van kinderboekillustrasies uitgevra.

Annerle Barnard

Kuier by Annerle Barnard

Annerle Barnard is die skrywer van twee opvolgende jeugromans, Sweepslag en Sindikaat, wat albei in 2019 verskyn het. Cari Cloete het vir Annerle via e-pos-korrespondensie oor haar skryfwerk en -ervarings uitgevra.

Annabel Ahlers

Kuier by Annabel Allers

Annabel Allers het haar debuutroman, Kupido.com, in haar vierde jaar as student aan die Noordwes Universiteit geskryf. Sjané Colin gesels graag met haar daaroor.

Fransi Phillips

Kuier by Fransi Philips

Fransi Phillips is die skrywer van dertien gepubliseerde boeke waaronder digbundels, kortverhale, romans en jeugverhale. An-Mari Fouché het haar persoonlik leer ken.

Kuier by Christien Neser

Christien Neser is bekend vir werke soos die Elle-reeks en Amper Einstein. Rouxné van der Westhuizen het as ‘n skryfkunsstudent met haar oor haar skryfproses gesels en gehoor wat haar raad aan voornemende skrywers is.

Marie Preller

Kuier by Martie Preller

Martie Preller is een van die voorste skrywers van kinder- en jeugboeke en die skepper van onvergeetlike karakters soos Babalela, Balkie en Sebastiaan. Riëtte Bester het met haar gesels.