kuier by

Kuier by…

Skrywers om by te kuier

Fransi Phillips

Kuier by Fransi Philips

Fransi Phillips is die skrywer van dertien gepubliseerde boeke waaronder digbundels, kortverhale, romans en jeugverhale. An-Mari Fouché het haar persoonlik leer ken.

Kuier by Christien Neser

Christien Neser is bekend vir werke soos die Elle-reeks en Amper Einstein. Rouxné van der Westhuizen het as ‘n skryfkunsstudent met haar oor haar skryfproses gesels en gehoor wat haar raad aan voornemende skrywers is.

Marie Preller

Kuier by Martie Preller

Martie Preller is een van die voorste skrywers van kinder- en jeugboeke en die skepper van onvergeetlike karakters soos Babalela, Balkie en Sebastiaan. Riëtte Bester het met haar gesels.

Leon de Villiers

Kuier by Leon de Villiers

‘n Tweede lewe vir Die pro: Leon de Villiers gesels oor die verfilming van Die pro en die ervaring om na soveel jare die karakters op die groot skerm te sien. Ruan Fourie het die vrae gevra.

Annelie Ferreira

Kuier by Annelie Ferreira

Annelie Ferreira het reeds twee keer die Sanlam-prys vir haar jeugromans ontvang. Clara Kirstein het met haar gesels oor Chuck Norris kan deel deur nul.

Zinelda McDonald

Kuier by Zinelda McDonald

Zinelda McDonald het onlangs haar eerste prenteboek Die Coolste Ouma op Aarde saam met Marita van der Vyver voltooi. Deon Meiring het met haar gesels oor die opwinding van haar eerste prenteboek en haar werk as illustreerder.

Jaco Fouche

Kuier by Jaco Fouché

Jaco Fouché se eerste jeugroman, Siobhán van die sirkus, het in 2014 verskyn. Clara Kirstein het vir hom ‘n klompie vrae gevra oor die boek en oor skryf.

Marga Jonker

Kuier by Marga Jonker

Marga Jonker se jeugroman, Brigadier en die raaiselponie, is haar tweede roman oor perde. Sanna Fouché het met die skrywer gesels oor die boek, haar skryfproses en haar liefde vir perde.

Hans du Plessis

Kuier by Hans du Plessis

Hans du Plessis is ‘n woordmens van formaat: navorser, akademikus, digter, dramaturg, rubriek-, roman- en jeugboekskrywer. Chantel Robijn het as skryfkunsstudent met die gewese direkteur van die ATKV-Skryfskool gesels.

jurgen banscherus

Jürgen Banscherus

Die 6de titel in die Speurder Kwaaikofski-reeks, Speurder Kwaaikofski: Honde, hoede en hande het onlangs verskyn. Die reeks is in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Hevette le Grange het ‘n paar vrae aan die skrywer, Jürgen Banscherus gevra.