kuier by

Kuier by…

Skrywers om by te kuier

Nelia Engelbrecht

Kuier by Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is ‘n veelsydige skrywer. Haar jongste jeugroman, Die vierletterwoord, het in 2013 verskyn. Hendriëtte Janse van Rensburg het as skryfkunsstudent haar geraadpleeg oor hoe om sukses as skrywer te bereik.

Nanette van Rooyen

Kuier by Nanette van Rooyen

Nanette van Rooyen se jeugboek Ek was hier is bekroon as wenner van die ATKV-Jeugromankompetisie 2011. Leonora van Rooyen het met haar oor die roman en die interessante karakters gesels.

Wendy Maartens

Wendy Maartens

Wendy Maartens is die skrywer van boeke soos “Lena se bottelboom” en “Prinses mossienes” Sy het Laerskool Mikro besoek waar Alize van Vuuren haar uitgevra het oor haar liefde vir stories en skryf.

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is die skrywer van die Speurhond Willem boeke. Sy het so pas met ‘n opwindende nuwe reeks, Anna Atoom, begin waarin fantasie en wetenskap gekombineer word. Elaine Schiel het met haar gesels.

Solet Scheeres

Solet Scheeres

Tieners het destyds Solet Scheeres se Klub 17-reeks verslind, en Talia, die eerste boek in haar splinternuwe Glam-divas-reeks, het pas verskyn. Sy het vir Jaco Jacobs meer vertel oor die boeke wat sy as kind gelees het, haar lewe in Nederland en die ongewone sportsoort wat sy beoefen.

Marianna Brandt

Marianna Brandt het vroeër in die jaar by Laerskool Mikro in Kuilsrivier kom kuier. Megan Groenewald en Lézel Roets van die 2010 Redaksie het ‘n paar vrae gevra.

Sebastien Quevauvilliers

Sebastien Quevauvilliers is die illustreerder van Madelief, moenie! Jaco Jacobs het met hom gesels oor sy belangstelling in kinderboekillustrasies en hoe hy self illustreer.

chris venter

Chris Venter

Chris Venter is die illustreerder van boeke soos Speurhond Willem op reis, Karla Krullebol en My boetie dink hy’s Batman. Jaco Jacobs het uitgevra oor sy werk en siening oor kinderboekillustrasies.

maja sereda

Maja Sereda

Maja Sereda is die illustreerder van boeke soos Liewe land, ‘n olifant!, Nuwe Kinderverseboek en Sprokies en ander gunsteling-stories. Jaco Jacobs het bietjie met haar gesels oor haar werk en haar idees oor kinderboekillustrasies.

Theresa van Baalen

Theresa van Baalen

Theresa van Baalen is die skrywer van Aspris-krokkedis en Karla Krullebol. Jaco Jacobs het by haar gaan uitvind waarom skryf is soos om ‘n olifant te eet en waar haar storie-idees vandaan kom.