2009-03
jongklomp

storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
www
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
wedstryd

boeksoek

 

posbus

 
na grootmense
 

Oondvars boeke
vuurwarmjeug rillers /ruimteavontuur reeksefantasie

Al die bladsye vol boeke

haasbekkie bababoeke vouboeke klassiek doenboeke luister

Vuurwarm: Nuwe boeke van gunsteling skrywers


Vadertjie Langbeen
Jean Webster

Vir baie jare sedert dit die eerste keer as Daddy Long Legs verskyn het, het dit jong lesers se verbeelding aangegryp en is steeds vandag 'n gunsteling. Vir baie jare sedert dit die eerste keer as Daddy Long Legs verskyn het, het dit jong lesers se verbeelding aangegryp en is steeds vandag 'n gunsteling. Dit is 'n verhaal wat gelyktydig vol humor, patos en drama is. Judy, of te wel Jerusha Abbott, is haar lewe lank in 'n kinderhuis, tot die dag dat sy matriek klaarmaak en 'n onbekende weldoener haar kollege toe stuur. Sy enigste vereistes: sy mag nie sy naam ken nie en sy moet gereeld vir hom skryf oor haar vordering. En so begin die soms skreeusnaakse briewe van Judy aan die lang maer man, wat sy eendag net skraps gesien, en Vadertjie Langbeen gedoop het.

ISBN:9780798149990

Human & Rousseau


Die luiperds van Sh'ong
Paul Jaco

Seevie 'n tienerseun met 'n passie vir wildbewaring, red 'n luiperdwelpie toe sy slegs a dag oud is. So word die jong luiperd, Shuna, die nuutste lid van 'n familie op 'n plaas in Kwa-Violentia. Seevie word groot as die seun van Kolonel Merbe en Andrietti Bikoson, maar die raaisels rondom sy familie se verlede laat hom vermoed dat hy 'n aangenome kind is. Seevie en sy meisie, Tensy, verken die Sh'ongberg met sy honderde grotte, op soek na die graf van Seevie se vervreemde suster, Ladine, wat vermoor is tydens 'n aanval deur 'n terroristegroep genaamd die Spuds. Die botsings tussen die Spuds en die gemeenskap op die Sh'ongberg betrek nie net vir Seevie en Tensy nie, maar ook vir Gum, die stamhoof Sh'ong se onverskrokke seun. Merby besluit om uiteindelik vir Seevie die geheim van sy lewe en ware identiteit te vertel wanneer hy 18 word. Maar in die weke voor hierdie belangrike gebeurtenis, dreig die Spuds om die Sh'ongberg aan te val en Seevie gebruik Shuna, die luiperd, om die bergmense te red. Die avontuurverhaal ondersoek die geesteswereld van 'n ontwikkelende tiener soos wat hy leer hoe om die passies en probleme te hanteer wat met grootword en die ontdekking van 'n eie identiteit gepaardgaan, en deurentyd sy geliefde luiperd by hom om hom te motiveer.

ISBN:780798149136

Human & Rousseau


Wetenskap met wiele

Wetenskap met wiele Ontdek die mees aksiebelaaide wetenskap! Wanneer n motor laat waai, vind daar hope wetenskap plaas. G-krag, krag, spoed jy kan dit alles in aksie sien! Wil jy meer uitvind? Kom saam op n turbo-aangedrewe rit deur motortegnologie. Vind uit waar kragmotors en monsterbakkies hul krag vandaan kry. Ontdek die perke van sped en versnelling. Ervaar die opwindende effek van G-krag. Maak jou sitplekgordel vas vir n rit na n toekomstige wreld met bestuurderlose voertuie, elektriese supermotors en regte vliende pierings. n Aksiebelaaide voet-in-die-hoek-boek!

ISBN:9780799343922

LAPA


Seesand, sonbrille en smokkelaars
Nerine Ahlers en Alet Steenkamp

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...


ISBN: 978 0 7993 4353 3

LAPA


Wreld van wetenskap: Sintuie
Jinny Johnson

Vind uit waarom jy hitte en koue kan voel, kyk van nader hoe dit binne-in jou o en ore lyk, leer hoe hase gevaar opspoor, ontdek watter diere met hul voete proe.

ISBN:

LAPA


Brolloks en Bittergal
CJ Langenhoven

Die verwerking konsentreer op die twee ou skelms, Brolloks en Bittergal, lekker bangmaak-karakters, wat vir baie geslagte heen kinders se tone laat omkrul het van vrees en bewing. Die verwerking konsentreer op die twee ou skelms, Brolloks en Bittergal, lekker bangmaak-karakters, wat vir baie geslagte heen kinders se tone laat omkrul het van vrees en bewing. Maar eintlik is hulle twee dommies, en word elke keer uitoorl deur hulle "slagoffers" wat vernuftig deur verskeie diere gehelp word om uit die twee se kloue te ontsnap. Dit stories speel af in die Karoo en het die tipiese afmosfeer van die tyd en plek en tussen die lyne is dit eintlik 'n humoristiese verhaal van twee mensvreters wat net nie die mas opkom nie.


ISBN:9780798149983

Human & Rousseau


Meerkat-restourant
Elizabeth Wasserman

Jy is genooi vir ete, maar ek wonder of jy weet dat meerkatte daarvoor bekend is dat hulle snaakse goeters eet. Daar is koringkriek en erdwurm op gemaalde skerpioen, of dalk verkies jy kakkerlak met n knertsie suurlemoen? Wat gebeur as n renoster ballet neem? Wat is die vlakvark-familie se adres? En wat leer die kinders by Aap se skool? Vind uit in hierdie boek vol prettige diererympies.

ISBN: 978 0 7993 4419 6

LAPA


Die seun met die blou hare
Nelia Engelbrecht

Luna is anders as al die ander kinders wat ek ken. En dis nie net omdat hy blou hare het, maantaal kan praat en n luislang vir n troeteldier het nie Onder daardie blou hare van hom broei allerlei prettige planne uit. As Luna se o begin blink, moet jy weet hy het aan n plan gedink om die skool se fietsresies te wen of spesiale Sleepkoekies te bak of skurke op hulle plek te sit Saam met Luna is elke dag vol vreemde en wonderlike avonture!

ISBN:9780799338881

LAPA Uitgewers


Vat en voel babadiere

Is n eendjie wollerig? Hoe voel n kalfie se vel? En is n olifant glad of skurf? Vind uit in hierdie pragtige, prettige vat-en-voel-boek vol babadiere.

ISBN: 9780799343946

LAPA


Vat en voel plaasdiere

Is n skaap wollerig? Is n perd se vel grof of glad? En hoe voel n varkie se snoet? Vind uit in hierdie pragtige, prettige vat-en-voel-boek vol plaasdiere.


ISBN: 9780799343939

LAPA

Al die bladsye vol oondvars boeke

Oondvars

Oondvars jeugboeke
Oondvars fantasie
Oondvars avontuur
Oondvars grillers
Oondvars liefdesverhale
Oondvars boeke vir haasbekkies
Oondvars bababoeke
Oondvars luisterstories
Oondvars klassieke verhale
Oondvars Bybelverhale
Oondvars doenboeke
Oondvars vouboeke

 

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2016