2015-06

jongklomp
kollig


 

Kollig ... monoloog
Straatsoldaat
Romario Maasdorp

Monoloog: graad 10 - 12

Die storie is gebaseer op ‘n ware verhaal wat met my, Romario (Brenny), gebeur het. Dit gaan oor ‘n nag waar ons amper geroof was, en waar ek moes veg vir my lewe.

Karakter en stel:

Romario (Brenny) is die verteller

(Neelan, Justin, Neill, Ryno en Calvin is sy dansvriende en J.R is Neelan se klein nefie.
)

Daar is geen dekor op die verhoog nie. Dis net Romario wat op die verhoog staan met ‘n grys, geskeurde, ‘’hoodie’’, swart kortbroek en swart stukkende danstekkies.

Straatsoldaat

Ons het net sopas kla’ dans geoefen, ken jy? Ons moes mos by ane’ plek gaan dans het. Ek en my crew. MSA. Ma’ daai aand het  nie een van Neill, Ryno of Justin gekom oefen nie. Ons ken nou nogie hulle se verskonings nie. Mxm, anyways. Is net ek, Brenny, dan iszit Neelan, hy’s onse dansleier, en dan iszit Calvin en dan iszit J.R, ma’ J.R dansi samt onsi. Hy’s net Neelan se 14-jarige neef. So, ons oefen kla’, toe moet ons mis nou vi’ Calvin halfpad vat, van hy bly in Paballelo. Dis soos ‘n heel ane’ kas en ‘n treinspoor deel ons.

Nxa. Nou laain ons mis nou. Ek, Neelan, J.R en ofcause, Calvin. Ons luister ane’ bra se song en vat heeltyd one van hoe snaaks die man rap. Omat ekim mos nou ken, sien jy?

Pssshhh… Dan loop ons verby plakkerskamp. ‘n Nxa kort tydjie voor die treinspoor. Ons vat heeltyd one man. Nou is ons omtrent so 50 meter vani treinspoor af. Calvin is besig om te chat. Hy chat baie en ons hetim gesê hy moet sy foon in sy sak sit, want ekt myne in my sak gesit, Neelan het syne bydi huis gelos en J.R het mos nie ‘n foon nie, dink ek. Nou ek’t ‘n grys hoodie aan, ‘n swart sokker short, so da’ is geen sakke nie, en my danstekkies aan. My foon hetik in my regterkantse sak van my hoodie gesit en my copy vanie huis se sleutels in my linkerkant.

Dis donker, so ons sien nie reg nie. Nou by die treinspoor is so paar groot ligte, want Golden Cloud bakkery is daar. Oorkant Golden Cloud is die neute fabriek, so da’ is so groot en lang gang waardeur ons vi’ Calvin nog moet loop. Nxa. As ons so nader kom sien ons omtrent ‘n stuk van 11 manne wat daso staan, ma’ dit lyk hulle is op pad in dieselfde direction waarnatoe ons gaan. Lyk soos manne van sy kaas. Ma’ dan face eki manne, ‘’Blom. Kom ons gaan trug, dan gaan ons ane’kant om bydi slaghuis se rounds.’’ Die manne sê vimy ek is bang. Ek face hulle ome’sê ek isi bangi. Ek is cautious, boma ek gani nou geroof word omat hulle lui isi.

‘’Neh man Brenny, is ver daaikant om. Kom ons sit en wag net opi treinspoor totdat hulle lain, dan lain ons agterna,’’ sê Neelan. Calvin sekondeer nog. Mxm. Dan sê ek hulle: ‘’Wat as daai manne net blom ini donkerte en soon ons deur cheap, dan chaais hulle ons?’’ maar hulle luisteri.

Ons sit vi’ omtrent drie minute opi spoor, toe lain daai klomp manne, ma’ ons sien twee mense wat ini donkerte nog staan. Ons check eers neh, is seke’ wee’ ‘n man en ‘n meddie wat jol. Dan check ons haai, is maklik twee manne wat geroof is van daai 11 manne. Dan sien ons ma’ daai manne het ‘n bottelkop, so hulle rook weed. Nxa.

Ek sê wee’ die manne ons moet loop. Skez. Nxa. Hie’ kom lain die twee manne in onse direction. Nou staan ek op. Dan sê eki manne hulle moet opstaan. Wa’? Hulle sit nog. Dan sê eki manne wee’ hulle moet opstaan. Dan staan Calvin en J.R op, ma’ Neelan sit. Daaityd kom laain die een bra so voor ons eni ane’ bra agter ons. Dan krap die bra voor ons in sy rug, dan weet ek hy’t ‘n mes, want ek bly in ‘n straat vol tsotsi’s, so ek ken mos van die shanies. Daaityd staan Neelan op, ma’ is kla’ te laat. Die bra staan so voor ons en een agter ons. Hy speel met sy mes en kyk ons.

‘’Viwie wag zjulle?’’ vra hy, ma’ niemand antwoord homi. Ek besluit toe om hom te antwoord en sê ‘’Niemand.’’ Dan gaan hy voort,’’Ek ken julle’t messe. Wasi messe?’’ Dan antwoord ek weer: ‘’Haai, ons dra nie mes nie, gazi.” Hy gaan verder en praat, ma’ ons kani uitmaak wat hy sê nie, want hy’s hoog vani pille gerook. Dan vra hy ons weer waso ons bly. Nou dink ek dat as ek hom die waarheid sny en face ons bly in Konvict City, wat vêr is, dan roof hy ons. So toe lieg ek en face hom dat ons net hie’ bly, terwyl ek point na plakkerskamp. Nadat ekim dit face, face hy sime’ van ja, hy worry nie of ons hom ken of nie.

Dan sê hy ‘’Gee!’’ Nou aan my linkerkant staan J.R. Aan my regterkant staan beide Neelan en Calvin. Soon hy face ons moet gee, loop Calvin verby ons en hardloop. Ons kyk nog so, toe sê hy sime’ ‘’As een van julle hol, holik jou in en steek jou!’’ met ‘n baie angstige gesig en sy oë raak onmiddellik groot. Calvin staan vêr en roep’’Kom jong. Los daai manne.’’

(Trek gesig in ‘n frons en kyk rond "puzzled")

Nou check ek as ek hol, Neelan gaan ook hol, ma’ hulle gaan vi’ J.R vang, want Neelan is vinnig en ek het nog laas 100 meter in 10.8 sekondes gehol. So hulle sou vi’ J.R vang en steek. En ek kan dit nie op my dra nie. Neelan ook nie, want is mis hom klein neef, sien jy?

Nou hou die man sy hand na Neelan uit.

(Steek linkerhand uit en lag effens.)

Neelan, die dom ding, vat die man se hand en klim die man in soos die, en sê ‘’Awe’’:

(Vat palms na mekaar en doen ‘n handgebaar)

Toe lykit die bra raak kwaad. Dan face hy vi’ Neelan: ‘’Heh! Gee!’’. Neelan empty sy sakke en sê hulle dat hy niks heti. Gelukkig.Dan stuur die bra vi’ Neelan na hom ane’ bra toe, sodat daai bra vi’ Neelan moet search. Dan draai die man na my toe en doen dieselfde soos wat hy met Neelan gedoenit. Joh! Joh! Joh! Ek panic same time. Ek haal my foon met my regterhand uit en my sleutels met my linkerhand.

(Druk hande in sakke)

Dan kyk ekim so en vra hom:’’ Wat nxa jy men my foon maak?’’ ma’ hy sê net, ‘’Hey! Gee!’’. Dan vra ekim of hy my nxa roof, sien jy? Nou sienik hy raak geïrriteerd, toe weetik mos: Haai omsan. Is nou daaityd.

Ek wil my shanies imy sak sit, ma’ toe lykit is te laat, so toe hakik sime’ eerste af men ‘n gesig hou.

(Demonstreer met regterhand)

Joh! Same time gryp hy my aan my hoodie en brand.

(Demonstreer)

Luckily da’s so klein heuweltjie agter my, so asik trug gaan, dan gly ek en hy steek mis. Is ek en hy, is ek en hy heeltyd. My braze hol daaityd. Dan iszik opi grond en sê hom hy moeni foon vat, want dis nog in my hand en as ek so opkyk, sien eki maan se reflection in sy mes se blade. Ma’ hy luisteri. Hy steek. Dan keerik men my linkerhand, want ek’s opi grond met my regter een. Dan komik regop en gee hom ‘n paar in hom gesig. Dan slaanik hom hand weg wat my teeni bors houvas en gee hom laaste paar ini gesig en hardloop, ma’ ek val. Dis toe my foon uitgevalit en ekit mis optel. As ek omdraai sienik hy en hom bra tellit op. Ek trek toe klomp klippe en met elke gooi, vloek ek hom zalie diep lelik en daag hom uit, ma’ hy willi. Toe kom help gooi my braze hulle.

Daaityd sienik ome’se my linkerhand is vol bloed, sy bloed is op my tekkies ani agterkant en my hoodie is ‘n stuk gat ingesteek by my maag se kante.

Kom bydi huis, face neti Zalie, want my Zalie is mis ‘n Polisie vrou. Sy bel die Polisie, ma’ hulle is so useful soos koue water in June.

En dis van daai aand af wat ek nooit wee’ vi’ Calvin halfpad gelaainit nie.. Tot op ‘n aand wa’ ek weer ‘n hoodie aangehad het, weer my oefen tekkies, weer ‘n sokker short, weer ons huis se sleutels gehad het, maar die keer my foon by Neelan hulle huis gelos.


Kopiereg: Romaria Maasdorp 2015

As jy dié stuk wil opvoer, stuur 'n e-boodskap aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.
Kopiereg behoort aan die skrywer.

Die monoloog is geskryf deur Romario Maasdorp. Romario is 'n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2015.

Kopiereg Romario Maasdorp.

Terug na Kollig

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2015