2008-12

jongklomp
kollig


 

Kollig ... versies vir voordrag
Arme Anna
Franci Greyling

Wat roer langs die water?
Wie sit op die wal?
'n Koor.
'n Paddakoor.

Parra, pam, parra, pam
parra, parra, parra, pam.
Parra, pam, parra, pam
parra, parra, parra, pam.

Wie sing die hardste?
Wie sing voor in die koor?
Anna.
Plat-Anna.

Parra, pam, parra, pam
parra, parra, parra, pam.
Parra, pam, parra, pam
parra, parra, parra, pam.

Wie kom uit die water?
Wie lê op die sand?
Krok.
Krokodil.

ParraPAMMMMMMMMMMMMMMMMmmmmmmm!

Wat het gebeur?
Wie het gegil?
Anna!
Onder krokodil.

Parra-parra-parra-parra-parra-parra!

Die arme Anna.
Klad-Anna.

Kopiereg: Franci Greyling

As jy dié stuk wil opvoer, stuur 'n e-boodskap aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.
Kopiereg behoort aan die skrywer.

Terug na Kollig

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012