2008-12

jongklomp
kollig


 

Kollig ... versies vir voordrag
'n Muis in die huis
Franci Greyling

"Hier's 'n muis in die huis!" skree ma verskrik
en spring op die stoel dat die pote ruk,
dat die koppies van die tafel val
en die muisie woerts by die deur uit nael.

"'n Muis in die huis?" roep pa verbaas.
"Is dit die rede vir die groot geraas?
Gee hier die besem, bring die flits!
Ek jaag hom weg - die stoute klits!"

"Hier's 'n muis in die huis," sê ek te bly.
"Nou gaan ek tog 'n geldjie kry.
In my tekkie, onder die bed,
dis waar ek my voortand het…"

"Hier's 'n mens in die huis!" piep muis verskrik
en hol deur die gang dat sy stertjie wip
"Waar is die kamer, waar is die tekkie
waar is die beste wegkruipplekkie?"

"EEEEEEEEEEEEEEEAAAAAAAAAA!"

Kopiereg: Franci Greyling

As jy dié stuk wil opvoer, stuur 'n e-boodskap aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.
Kopiereg behoort aan die skrywer.

Terug na Kollig

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012