2001


jongklomp

lapastorie

Die weeskind
Tebogo Maphothoma (17)

Daar was eendag 'n ryk dorpie. Dit was 'n goeie jaar vir die dorpenaars gewees omdat hulle genoeg oes gekry het om hulle deur die winter te dra. Aangesien hulle 'n goeie oesseisoen gehad het, het hulle soms tot laat op die velde gewerk.
Op 'n dag toe hulle terugkeer huis toe, het 'n ongewone seun hulle gevolg. Die seun was nie skoon nie en sy klere was geskeur. Hy het nie skoene aangehad nie. Luise het aan sy hele liggaam geklou.
Die dorpenaars kon sien hy was nie van hulle dorp af nie. Hulle het hom geignoreer. Ten spyte daarvan dat hulle gesien het dat die seun help nodig het, het hulle lawwe verskonings gemaak om hom nie saam te neem huis toe nie.
Van hulle het beweer dat hulle nie plek het vir nog 'n persoon nie. Ander was bang dat hy by hulle sou aankleef en ander was bang hy sou hulle met luise aansteek. Tussen al hierdie mense was daar net een ou man wat die seun jammer gekry het. Hy kon verstaan hoe dit vir die arme seun gewees het om deur die mense verwerp te word. Toe hy 'n jongeling was, was hy ook deur mense verwerp, mar hy het geleer om daarmee te leef omdat hy, anders as die weskind, ouers gehad het.
Hy het die seun saamgevat huis toe. Daar het hy vir hom gesorg. Hy het hom skoongemaak en nuwe klere vir hom laat maak. Omdat hy oud en eensaam was, het hy so lief geword vir die seun dat hy hom aangeneem het.
Die dorpenaars het nog steeds 'n negatiewe houding teenoor die seun gehad en hulle het hard pobeer om die ouman te ooruig dat die seun sleg was. Die ou man het geweier om na die skinderstories te luister. "Sy seun" was die beste wat daaaar ooit was.
Onkundig was hy dat sy "wonderseun" nie die persoon was wat hy voorgegee het om te wees nie. Hy het nie omgegee vir die ouman nie. Al wat hy wou gehad het, was die man se rykdom en sy vertroue sodat hy dit tot sy voordeel kon gebruik. Die ouman het alles wat hy kon vir die seun gedoen, maar hy was nooit dankbaar nie en nog steeds het die ouman hom liefgehad en al wat hy in ruil wou hê was die seun se liefde.
Die seun het intussen groter geword en die ouman en ouer en swakker geword. Die seun het begin werk, maar hy was selde by die huis. Dit het die ouman se hart gebreek dat sy enigste seun hom in die steek sou laat. As gevolg van al hierdie hartseer het die ouman siek geword.
Die seun het van die ouman se siekte geweet, maar hy het hom nie daaraan gesteur nie. Vir hom was dit maar net nog 'n ouman wat een of ander tyd moes doodgaan. Hy het nie eenkeer vir die ouman gekuier nie. Hy het getrou, 'n familie gehad en 'n gelukkige lewe vir 'n paar jaar.
Hy was ryk, maar sy pa wat hom grootgemaak het, het niks oorgehad nie. Hy was so arm soos 'n kerkmuis gewees. Niemand het vir hom omgegee nie. Hy het eendag 'n hartaanval gekry en dit was klaarpraat met hom.
Die dorpenaars het hom koel begrawe omdat hulle geglo het dat hy die graf vir homself gegrou het. Hulle het gevoel dat hy hardkoppig was.
Omdat die ouman met 'n seer hart weggegaan het, het groot onheil oor die seun neergesak. Dit het hom van alle kante geraak. Eerstens is sy huis, met sy hele familie, verbrand en die oorsaak van die brand was onbekend. Dit was nie lank daarnie nie dat sy motor gesteel is, en asof dit nie genoeg was nie, het 'n weerlig sy winkel geslaan.
Hy het dit nie onmiddellik agter gekom nie, maar dit het nie lank gevat om tot binne in hom deur te dring nie.
Hy was 'n weeskind...
Alweer.

Tebogo Maphothoma (17) Huistaal Ndebele.
'n Tswana-storie wat by ouma Elizabeth Maluleka gehoor is.
Hoërskool Pretoria-Noord
Terug na Lapastories

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012