2003


jongklomp

lapastorie

Die hoogmoedige hasie
Makgobo Makgakela

In die verlede toe diere kon praat, het Hasie vir Skilpad gesê hy kan nie vinnig hardloop nie. Hasie was hoogmoedig omdat hy die vinnigste dier in die land was. Hy het Skilpad uitgedaag om teen hom te hardloop om te wys dat hy regtig die vinnigste dier is en dat hy die wedloop sal wen omdat hy nog jonk is. Hy het gedink dat Skilpad was te oud om vinnig te hardloop.
Vroeg die volgende dag het die wedloop begin en al die diere was daar om te kyk. Hasie was haastig dat die wedloop moet begin. Soos altyd was hy hoogmoedig en hy het gedink hy is beter as Skilpad. Die wedloop het begin en Hasie was voor Skilpad met baie kilometers. Toe hy sien dat hy ver voor was en dit sal Skilpad lank vat om by hom te kan kom, het hy onder 'n boom gerus. Omdat hy moeg was, het hy geslaap. Binne twee ure was Skilpad by die einde van die wedloop en Hasie het wakker geword. Hy het vinnig gehardloop, maar dit was te laat. Skilpad het die wedloop gewen. Die ander diere was opgewonde dat Hasie verloor het.
In hierdie sprokie kan 'n mens leer om nie hoogmoedig te wees nie. Jy moet nie dink dat jy is beter as ander mense nie. En tot vandag toe het Hasie groot respek vir Skilpad.

Makgobo Makgakela Graad 12
HoŽrskool Ben Viljoen, Groblersdal
Terug na Lapastories

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012