2015


grootmense

leeslyste

Toekennings 2015

Boeke en skrywers wat gedurende 2015 toekennings ontvang het.

Toekennings deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns:

Tienie Hollowaymedalje vir kleuterliteratuur

ben en die walvisse
Ingrid Mennen vir Ben en die Walvisse

Die medalje is driejaarliks beskikbaar en word toegeken aan die skrywer wat die beste werk van ‘n bevredigende gehalte in Afrikaans gelewer het in die genre van kleuterliteratuur. Die prysgeld word gedeeltelik geborg deur die ATKV.

Elsabe Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans

Kobus Geldenhuys vir Hoe om Drakonees te praat

Dit is vir die doel van die prys geoorloof om uit enige taal werke in Afrikaans te vertaal. Hierdie werke word gemik op lesers in die ouderdomsgroep 5 tot 12 jaar (kinder¬literatuur) en tieners en jong volwassenes (jeugliteratuur). By die beoordeling van die vertaling word gelet op die aansien wat die vertaalde werk binne sy eie letterkunde geniet en op die juistheid, oorspronklikheid en gehalte van die vertaling. Die prysgeld word geborg deur die PUK-Kanselierstrust van die Noordwes-Universiteit.

Die wenners van die LAPA Jeugromankompetisie 2015 is so pas aangekondig:


Eerste plek: Jan Vermeulen met Abbakind
Tweede plek: Fanie Viljoen met Afkop
Derde plek: Marita van der Vyver met Al wat nodig is
Al drie wenverhale sal deur LAPA gepubliseer word
. (2015-07-01)

 
Hierdie lys maak nie aanspraak op volledigheid nie.
Terug na Leeslyste

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2016