2016


grootmense

leeslyste

Toekennings 2016

Boeke en skrywers wat gedurende 2016 toekennings ontvang het.

Die wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2016 is op 22 Junie 2016 in Kaapstad aangekondig.

elton

Die MER-prys vir jeugromans is toegeken aan Carin Krahtz vir Elton amper famous April en juffrou Brom, uitgegee deur Tafelberg.

dingesfabriek tydmasjien

Die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke aan Elizabeth Wasserman en Astrid Castle (illustreerder) vir Die Dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien, ook uitgegee deur Tafelberg.

 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 31 Maart 2016 die Akademiepryse vir 2016 aangekondig:

swemlesse meermin

Die Scheepersprys vir jeugliteratuur word
Die prys word toegeken vir die bevordering van hoogstaande Afrikaanse jeugliteratuur wat van goeie letterkundige en/of opvoedkundige gehalte getuig.

Die prys word toegeken aan Marita van der Vyver vir Swemlesse vir 'n meermin.

walvisse


Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur. Die prys word toegeken vir enige literêre werk in die kategorie kinderliteratuur d.w.s. die groep lesers van sewe tot twaalf.

Die prys word vanjaar toegeken aan Kobus Geldenhuys vir Hoekom die walvisse gekom het.

 

Hierdie lys maak nie aanspraak op volledigheid nie.
Terug na Leeslyste

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2016