Werfjoernaal
 
2009-12

werfjoernaal
argief



MMM soek inskrywings vir jeugromans

Maskew Miller Longman, die voorste Suid-Afrikaanse opvoedkundige uitgewer, doen ’n oproep om inskrywings vir die 2011 Maskew Miller Longman Letterkundetoekenning vir jeugromans.

Maskew Miller Longman bied jaarliks die toekenning vir letterkunde in al elf amptelike Suid-Afrikaanse tale. Ons doel is om letterkunde in al die Suid-Afrikaanse tale te ontwikkel en aspirantskrywers aan te moedig om hul talent te ontgin.

Hierdie toekenning groei elke jaar met groot getalle inskrywings. Die toekenning is ook sterker bevorder deurdat van die pryswenners ook van die M-Net-toekennings gewen het.

Die wenners van die 2010 Letterkundetoekennings vir kinderliteratuur sal in 2010 by die Kaapstadse Boekefees aangekondig word.

Die totale prysgeld vir die 2011 jeugroman-kompetitsie oortref R150 000 kontant, waarvan die wenner in elke taalkategorie R10 000 en die naaswenners elk R5 000 ontvang. Alle wen-inskrywings sal gepubliseer word en die naaswenners se werk sal ook vir publikasie oorweeg word. Kundiges op die gebied van jeugliteratuur sal deur alle inskrywings sif en die finale beoordeling sal deur prominente literêre figure waargeneem word.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 April 2010.

Inskrywings: moet ingestuur word saam met ’n inskrywingsvorm wat verkrygbaar is by Brenda by (021) 532 6000 / balexander@mml.co.za of van ons webwerf (www.mml.co.za) afgelaai kan word.

Sharon Hughes
Bemarkingsdirekteur: SA Schools Maskew Miller Longman
Tel: +27 21 532 6186 Fax: +27 21 531 0716
E-pos: Shughes@mml.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009