Werfjoernaal
 
2012-02

werfjoernaal
argief



Bekroonde Tafelberg jeugroman Lien se lankstaanskoene word verfilm

Tafelberg (’n druknaam van NB-Uitgewers) kondig met trots aan dat ’n ooreenkoms met kykNET beklink is vir die vervaardiging van ’n film gegrond op die jeugroman Lien se lankstaanskoene.

Dié debuutwerk van skrywer Derick van der Walt is in 2008 met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur, en in 2009 met die M.E.R.-Prys vir Jeugboeke, bekroon.

Lien se lankstaanskoene, wat ook ’n Graad 12 voorgeskrewe werk is in IEB-skole landswyd, is die aangrypende verhaal van ’n matriekmeisie wat te midde van ’n familiekrisis leer dat ’n mens meestal slegs twee keuses het: óf jy sink, óf jy swem.

kykNET het reeds met verfilming in Pretoria begin, met o.a. Franci Swanepoel, Elize Cawood, Fiks Mahola en Hykie Berg in die rolverdeling.

Besoek http://youtu.be/yI--gNN1Eoo om te kyk na ’n onderhoud met die skrywer oor Lien se lankstaanskoene en Willem Poprok, ’n Silwer wenner in die 2010 Sanlam-Prys vir Jeuglektuur.

Media inligting: Hevette le Grange, Reklamekoördineerder: Kinder- en Jeugboeke; NB-Uitgewers

 

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012