Werfjoernaal
 
2014-12

werfjoernaal
argief



Sanlam-pryse vir Jeugleglektuur 2013

Tafelberg en Sanlam het die wenners van vanjaar se Sanlam-pryse vir Jeuglektuur by ’n geselligheid in Kaapstad aangekondig.

Kategorie vir Afrikaans:

  • Goud: Annelie Ferreira vir Chuck Norris kan deel deur nul
  • Silwer: Jelleke Wierenga vir Moord per suurlemoen

Kategorie vir Engels:

  • Goud: Andre Eva Bosch vir Alive Again
  • Silwer: Adeline Radloff vir Chain Reaction

Kategorie vir Afrikatale:

  • Goud: Tsireledzo Mushoma vir Vhusiku vhutswu (Tshivenda)
  • Silwer: Sipho R. Kekezwa vir Ndizigwaze ngowam! (isiXhosa)

“Sanlam se besigheid is toekomsbeplanning. Deur hierdie borgskap eer ons die woord-wonderwerkers wat hulle talent aanwend om bekroonde letterkunde te skep wat deur miljoene jong Suid-Afrikaners geniet kan word en ons in staat stel om op hierdie manier in hierdie jongmense se toekoms te belê,” sê Elena Meyer (Senior Borgskapbestuurder by Sanlam).

Prysgeld van R54 000 word oorhandig: R12 000 vir die wenner (goud) en R6 000 vir die naaswenner (silwer) in elke kategorie.

Die Sanlam-prys vir Jeuglektuur word tweejaarliks en sedert 1980 toegeken. ’n Paneel lesers stel 'n kortlys saam van 18 manuskripte wat deur verteenwoordigers uit die onderwys, boekhandel, biblioteekwese en die akademie beoordeel word. Manuskripte word anoniem beoordeel sodat aspirant- skrywers die geleentheid kry om met gevestigde name mee te ding. Vorige wenners van hierdie prys sluit in Marita van der Vyver, Derick van der Walt, Chris Karsten, Darrel Bristow-Bovey, Barrie Hough, Kabelo Duncan Kgatea en EDM Sibiya.

Volgens Michelle Cooper (uitgewer van kinder- en jeugboeke by Tafelberg) speel die Sanlam prys vir jeuglektuur ’n noodsaaklike rol in die ontwikkeling van nuwe skrywers, en leesstof vir 12 tot 18 jariges. “Veral in minderheidstaalgroepe word baie toegevoeg aangesien die kompetisie oop is vir inskrywings in al 11 amptelike landstale. Oor die jare is ongeveer 78 van die Sanlam wenboeke voorgeskryf in skole.”

Die boeke is vanaf 1 November op boekwinkelrakke en in e-boekformaat verkrygbaar.

Persverklaring deur NB-Uitgewers
29 Oktober 2014

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2015