Werfjoernaal
 
2015-08

werfjoernaal
argief



Byderhand Aardklop 2015

Byderhand Aardklop 2015 is 'n interaktiewe leesfees vir ieder en elk.

Lees met jou selfoon of tablet gedigte en stories in Potchefstroom oor Potchefstroom:

tuinverse In die Botaniese Tuin is daar Tuinverse vir volwasse lesers asook tuinversies vir jonger lesers. Lees en luister hoe die digters self hulle gedigte voorlees. Digters sluit in: TT Cloete, Johan Myburgh, Bernard Odendaal en Susan Smith. Die kinderversies is deur Franci Greyling geskryf. Kunswerke deur Strijdom van der Merwe pas by die gedigte.
rusplekstories Die Rusplekstories is in die Boeke-oase. Bestel 'n koppie koffie of 'n koeldrank en lees 'n kortverhaal of 'n kinderstorie. Kortverhale deur skrywers soos Sophia Kapp, Helene de Kock en Gerrit Jordaan en nog vele meer. Daar is nuwe kinderstories deur Deon Meiring en Zenelda McDonald, Leon de Villiers en Flip Hatting.
swaalverhaal Stap op die spoor van die Dwaalverhaal by die Hoër Tegniese Skool (HTS). Hierdie verhaal is spesifiek vir tieners ontwikkel: Hans du Plessis in samewerking met jong mense.
taxistrips Ontmoet 'n taxi vol karakters op die pendelroete. Die Taxistrips is die werk van Khaylethu Mtshali.

Byderhand word aangebied deur die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die projek word onderneem in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks en vorm ook deel van die vestiging van digitale humaniora aan die Noordwes-Universiteit.

Die projek word moontlik gemaak deur befondsing van Die Dagbreek Trust, die Navorsingseenheid en die vakgroep Skryfkuns in die Skool vir Tale, NWU.

Besoek die Byderhand webtuiste om meer oor die projek uit te vind: www.byderhand.net

"Like" Byderhand op Faceboek: https://www.facebook.com/byderhand

 

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2015