Hou jy
van skryf? Wil jy dit graag as 'n vak op universiteit neem? Het
jy geweet dat Skryfkuns by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus
aangebied word?
Binne
die Skool vir Tale in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte bestaan die Vakgroep
(Departement) Skryfkuns wat jou daartoe in staat stel om Skryfkuns as een
van jou vakke vir enige B.A. of vir `n B.A. in Kommunikasiestudies te neem.
Skryfkuns
bestudeer die teorie en die praktyk van kreatiewe skryf. Skryfkuns
word as voor- en nagraadse vak in die Skool vir Tale aangebied.
Op voorgraadse vlak is dit `n volwaardige driejaarkursus wat volle
krediet verdien binne die samestelling van enige B.A.-graad.
Die modules is:
Jaar 1: Inleiding tot Skryfkuns; Skryf van prosa
Jaar 2: Skryf van poësie; Skryf van kinder- en jeugliteratuur
Jaar 3: Skryf van drama; Skryfkuns in toepassing
Skryfkuns kan
ook op M.- en D.vlak aangebied word, en hierdie kursusse sluit `n
verhandeling of proefskrif in. In al die gevalle van Skryfkuns vorm
die skryfkunspraktyk (die student se eie skryfwerk) `n integrerende
deel van die kursus.
'n
Kennis van die skryfkuns is 'n uitstekende instrument vir joernaliste, taalpraktisyns,
bibliotekarisse en onderwysers. Dit het 'n breë gebruikswaarde, omdat daar
in die kursus ook aandag aan die stimulering van kreatiwiteit geskenk word.
Skryfkuns word
aangebied deur proff. Franci Greyling en Bernard Odendaal.
Vir
meer inligting kontak:
Prof.
Franci Greyling
franci.greyling@nwu.ac.za
Tel:
27 18 299 1781 Faks: 27 18 299 1562 Vakgroep
Skryfkuns Skool vir Tale PU vir CHO Potchefstroom 2520 
|