2014-08


grootmense

resensies

Brigadier en die raaiselponie

Marga Jonker
brigadier en die raaiselponie  

 

Brigadier en die raaiselponie

Marga Jonker

Tafelberg





‘n Lekker opwindende, spannende  perdestorie. Zahn sien nie kans vir die vakansie saam met haar vervreemde pa en loskop suster nie. Gelukkig is haar geliefde perd Brigadier daar en kan sy haar spanning verlig deur hom op uitritte te neem. Hulle gaan spesiaal tuis op ‘n vakansieplaas in die Harkerville-woud naby Plettenbergbaai aangesien daar stalle, ander perde sowel as uitritroetes is. Wat is die raaisel van die geheimsinnige ponie en is daar werklik naglopers in die bos soos die kruiedokter vertel het? Dit word ‘n vakansie waarin geheime uitkom, raaisels opgelos word en ‘n laslapgesin mekaar weer probeer vind.

As jy van perde, opwinding en spanning hou is Brigadier en die raaiselponie absoluut vir jou! Die posisie waarin Zahn haar bevind is insiggewend en selfs al weet jy nie baie van perde nie sal jy dit interessant vind.

Die karakters is ‘n ware kunswerk -‘n mengelmoes van persoonlikhede: Daar is die ‘cool crowd’ die gewone ‘plain jane’ en die sportiewe groep. Deur so ‘n groot spektrum van karakters sal enige persoon tuisvoel met die boek in die hand.

Susan Fouché

Susan Fouché 2013.
Terug na Resensies

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2014