Die
Limerick is een van die eenvoudigste vorms van 'n vers tog word dit deur baie
Suid-Afrikaners misverstaan. Ek sal die heeltyd na my eie verse verwys, want ek
skryf ligte verse sowel as limericke. Die spelling van die woord?
Ek verkies limerick en nie limeriek nie. Niemand weet presies
hoe dié woord ontstaan het nie. Daar is wel 'n plek in Ierland met die naam Limerick,
maar eintlik het dié twee woorde g'n verband nie. 'n Ligte vers (lawwe
vers) is nie noodwendig 'n limerick nie. 'n limerick het altyd 5 reëls,
en het altyd 'n bepaalde vorm. 'n Limerick is ook gewoonlik oor 'n plek
of oor 'n persoon en sal dikwels begin met die volgende woorde:
'n Dame wat woon
in Parys… 'n
Oupa wat woon in die Kaap… 'n
Man van die dorp Aggeneys… 'n
Sekere Bennie le Roux… 'n
Vrolike vrou, Mona Lisa… 'n
Kêrel genaamd Nico Nel… 'n
Sekere Sakkie van Zyl …
Die limerick het ook 'n bepaalde vorm.
Kyk na die volgende voorbeeld:
| | 'n
Tannie woonagtig in Bloem Was bang toe 'n by om haar zoem. Toe
slaan sy hom plat Dat
heuning so spat En spuit hom glo poegaai met Doom. |
Kyk
weer mooi na die vorm. Dit het 5 reëls. Dit lyk byna soos 'n konsertina
of iemand met 'n dun middellyf, want die 3de en 4de reëls is korter as die res.
Kyk ook hoe rym die limerick:
| | 'n
Tannie woonagtig in BLOEM Was bang toe 'n by om haar ZOEM. Toe
slaan sy hom plat Dat
heuning so spat En spuit hom glo poegaai met DOOM |
Reël 1,
3 en 5 rym met mekaar: BLOEM, ZOEM, DOOM. Reël 3 en 4 rym met mekaar plat
en spat. Reël 3 en 4 is ook korter as die ander reëls. En elke
reël begin met 'n hoofletter. Wat ook baie,
baie belangrik is, is die ritme: Sê
die volgende hardop en maak die tweede TAM harder as die eerste:
| |
taTAM tataTAM tataTAM taTAM tataTAM tataTAM
taTAM tataTAM
taTAM tataTAM
taTAM tataTAM tataTAM |
Lees nou die vetgedrukte dele harder as die ander en hier het jy dan die ritme
van 'n limerick. As mens dit later lees, gaan jy natuurlik nie die klem op daardie
dele laat val nie, maar jou ritme sal perfek wees.
| | 'n
TANnie woonAGtig in BLOEM Was BANG toe 'n BY
om haar ZOEM. Toe
SLAAN sy hom PLAT Dat
HEUning so SPAT En SPUIT hom glo POEgaai met DOOM. |
Lees
altyd 'n limerick hardop op om die regte ritme te kry.
'n Limerick is ook partykeer ietwat stout,
maar moenie vulgêr probeer raak nie! Hier is nog twee voorbeelde van
limericke: | | Die
mense wat woon in Bombaai Het gister 'n walvis gebraai. Die
ding was erg groot En
nog nie eens dood. Sy laaste woord was glo: "Koebaai!" |
| | 'n
Meisie wat woon in die Kaap Praat elke nag glo in haar slaap. Haar
taal is gemieks: Dis
Spaans, Frans en Grieks En soms blêr sy net soos 'n skaap. |
Probeer
nou jou eie limericke skryf wat begin met die volgende woorde:
'n
Dame wat woon in Parys …. 'n
Meisie wat woon in De Aar… 'n
Sekere Mybel van Tonder…
Philip
de Vos
Life is short for man
and beast so while you can - Enjoy the feast! |