2006-07


jongklomp

verinniewêreld

Suid-Afrika en België ontmoet...
Bydraes uit die projek: In de warmte van Moeder Braaien

Er was eens...

Er was eens een jakhals uit Lier
die ging in Zuid-Afrika aan de zwier.

Daar zwierf hij wat rond
en maakte het bont
tesamen met de leeuw en de gier.

David Garbonez

Die rooijakkals

Dit was een Woensdagmiddag na skool, ons het koor geoefen. Die dag het dit baie, baie maar baie gereën. Ek het vir my ouma en ma gesien aankom en ons het toe stadig huis toe gestap.
Ons het by die huis gekom. Ek het uitgetrek en geëet. Daarna het ek gou my huiswerk gedoen en my ma het my gevra ek moet die sambreel vat en gou vir haar winkel toe gaan.
Met die slag wat ek terug loop van die winkel af gebeur 'n lelike ding. Daar staan oorkant my 'n groot rooijakkals. Hy lyk amper net soos 'n hond, vier pote, 'n baie lang stert, gespitste groot ore en bruin oë en hy hardloop baie vinnig. Hy eet mos mens en diere se vleis.
Ek hardloop so vinnig as wat ek kan en ek sien toe my ma en ouma vir my by die hek wag. Ek het gedink dit was die laaste dag van my lewe! Ons het in die huis gehardloop, die deure gesluit en 'n lekker dag agter die rug gehad.
En fluit fluit
my storie is uit.

Charlene Marx

Wewer

Ek en my maat gaan altyd in die middae voëltjies met 'n rekker skiet. Ons maak partykeer die voëltjies skoon en braai hulle oor 'n vuurtjie wat ons self maak. Dit is baie lekker.
Woensdag toe ek en my maat weer wil voëltjies skiet, sien ons 'n pragtige voël in 'n boom. My maat wil hom skiet, maar ek keer, "Moenie skiet nie." Ons kyk weer en sien dit is 'n pragtige voël.
Die volgende dag gaan ek biblioteek toe en gaan kyk in die diereboek of ek so 'n voël kan sien. Daar is hy toe, 'n pragtige geel voël en hulle noem dit 'n wewervoël. Hy bou 'n nessie aan 'n tak wat oor water hang.

Legogang Molete

Wewer gered?

Ik had vannacht een rare droom. Ik droomde dat racisme niet meer bestond. Ik nam het vliegtuig naar Zuid-Afrika naar mijn sckrijfvriend. Communiceren met elkaar gaat alsmaar beter. Ik begin de Zuid-Afrikaanse taal al te begrijpen.
Ik vroeg hem waar we een wever(vogel) konden vinden. Hij sei: "Kom, we gaan zoeken." Onderweg kwamen we heel wat beesten tegen die we in België alleen maar in de zoo kunnen bewonderen. De tocht verliep niet zonder gevaar, maar gelukkig was Molete er om mij te beschermen. Moedig als hij is, naam hij een stok en sloeg een giftige slang dood die me wilde aanvallen.
Ik had al van alles gezien, maar nog geen wever. Na dagenlang zoeken, zagen we een nest. Maar tot onze grote verbazing zaten er weverkuikens in. We gingen een paar meter verder zitten. Ik keek even naar Molete en die zag er bezorgd uit. We beleven niet toekijken en gingen naar de moeder van de kuikens. Wat verderop was er een ravijn. We gingen daar zoeken. En ja, hoor, daar zat een klein wevermoedertje vast in een speetje van de ravijn. We konden haar bevrijden en weldra stonden we terug bij het nest. We konden onze ogen niet geloven toen de moeder, toen we op het punt stonden om te vertrekken, ons een weverknipoog gaf. En dan ... dan liep de wekker af.

Maité Amys

Die mens

Die mens en die meerkat

Die mens het 'n lyf met twee voete
en twee arms en 'n kop.
Ons oë om te sien
en ore om te luister.
Neus om te ruik.
Die mens het beenspiere,
armspiere en boudspiere soos die meerkat.
Die mens moet asemhaal en het ook 'n hart soos die meerkat.

Die mens is bedreiging vir die meerkat.

Die meerkat staan soos die mens.
Hulle het ook gesinne.
Hulle het 'n leier soos die mens wat kyk vir gevare.
Die meerkat is ook nuuskierig

soos die mens.

Monique Venter

Meer oor die projek

Lieve Hoet se verslag oor die projek
Terug na Verinnniewêreld

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2006