2018-02


jongklomp

verinniewêreld

'n Franse avontuur

chrismarie bester

Deel 4

... poskaarte ...

An-Mari

Volg twee vriendinne se avontuur in die vreemde

an-mari fouche

poskaart

poskaart agter

Liewe Chrismarie,
Ek sit op ‘n bankie net buite Strasbourg se katedraal met ‘n warm drankie en ‘n Nutella crêpe. Kersfees is nou amper verby, dis net die laaste van die markte wat nog uithou, en alhoewel ek my familie baie gemis het, was dit ‘n wonderlike kerssprokie ervaring hier in Strasbourg! 
Alsace is so mooi. Outyds en ou-wêrelds; asof mens teruggaan in tyd. Ou, kleurvolle huise met swaar hout vensters en blomme op die vensterbanke. En by die kersmarkte; die reuk van vin chaud en gemmerbrood, en liggies oral wat ‘n warm gloed in die koue lug skep.
Tot volgende keer!
Ami 

poskaart

Liewe Chrismarie,
Heidelberg is so mooi! Die dorpie is soos ‘n veilige hawe; beskut deur die kasteel wat daaroor waak en die berge en woude om dit. 
Die Altstad is pragtig en die lang Hauptstraße het soveel oulike winkels. My hostel is so oulik en ek het ander Suid-Afrikaners ook hier ontmoet! Het ‘n prettige aand gehad.
Groete,
Ami

poskaart

Liewe Chrismarie,
Voorspoedige Nuwejaar! 
Brussels was ‘n belewenis! Almal sê of jy haat die stad of jy is mal daaroor. Ek sit nog op die draad daaroor. Ek was skaars 20min hier, toe weet ek twee goed: die mense is baie vriendelik en dis een van die vuilste Europese stede waarin ek nog was!
Vir Nuwejaar het ek die vuurwerkvertoning by die Atomium gaan kyk - dit was so mooi! 
Groete,
Ami

poskaart

Liewe Chrismarie,
Na ‘n lang reis is ek weer terug by my “huis”, maar hier is vir jou ‘n poskaart van Amsterdam!
Ek was mal oor Nederland - maar nie soseer oor Amsterdam nie. Die platteland en klein dorpies is soos ‘n sprokie; met plaasdiere en windmeule en kanale en oulike kothuise. Oop velde en vars lug - presies wat my plaasmeisiehart nodig gehad het!
Amsterdam het wonderlike museums en heerlike kos, maar die stad het ‘n onaangename daggareuk en ‘n atmosfeer wat die “charm” van die fietse en kanaalhuise effe oorskadu. Utrecht en Groningen, aan die ander kant, was wonderlik!
Groete,
Ami

Chrismarie se poskaarte

pyllinks
vervolg
deel 4:2
An-Mari Fouché en Chrismarie Bester is skryfkunsstudente by die NWU. 2017
Terug na Verinnniewêreld

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit

(C) Franci Greyling 2000-2018