2000-08


jongklomp

verinniewêreld

Die pad na die middelskool
Fukuoka Japan
Nico de Wet

Elke oggend moet ek omtrent tien voor agt waai om voor vyf-en-twinting oor agt, wanneer die skool se eerste klok lui, by die skool te wees.

Ek begin met 'n spesiale, geteelde paadjie met bome om dit en 'n klein kanaaltjie wat parallel saam met die paadjie loop.

Af en af loop ek met die paadjie totdat ek by die hoofstraat uitkom.

By die hoofstraat loop ek nog so entjie aan voordat ek weer uitdraai na 'n nou teerstraatjie wat so half ver van alles is. Die paadjie loop tussen klomp huise deur wat almal soos ou tipiese middeleeuse huise lyk. Dit voel ook soos die natuur.

Die paadjie kom na 'n ruk uit by nog 'n hoofpad. Nou loop ek 'n hele stuk met die hoofpad totdat ek uitswaai na 'n sy paadjie wat my dadelik in die skoolgronde bring.

As ek by die hoofpad uitkom, is die hoofpad nie vol karre nie, maar VOL skoolkinders. Die verkeer word baie opgehou deur al die kinders. Dit is kinders wat na een van die twee Laerskole toe gaan, of kinders wat ook na my Middelskool toe stap en laastens, die HoŽrskoolleerlinge wat met fietse na die Kashihara HoŽrskool toe ry.

'n ReŽnerige oggend

Die weer in Japan verskil amper elke dag, byvoorbeeld reŽn, sonnig, wind, reŽn, sonnig, wind . . . Baie oggende moet ek na die skool toe loop wanneer dit reŽn.

Een reŽndag toe ek die hoofpad instap, het ek nog nooit so iets gesien nie. Die heel eerste stukkie pad wat ek loop is dieselfde pad as na die "Sho-gakko" (laerskool), met ander woorde daar is klomp klein Japanesies op my pad, veral voorskoolse kinders. AL die kindertjies het sambrele, en al die kindertjies het dieselfde soort sambrele wat dit baie besonders maak. Omdat ek nogal lank is, lyk dit vir my asof die hele straat VOL lopende sambrele is.

Toe ek by die deel van my roete kom waar ek die HoŽrskoolleerlinge teŽkom, was ek verstom. Toe ek hulle sien, het ek heel eerste vir 'n sekonde of twee gedink dat hulle "astraunots" is. Omdat hulle op fietse ry, en dit nie maklik is om 'n sambreel vas te hou nie, dra hulle almal sulke snaakse reŽnpakke. Die pak bedek hulle lyf van bo tot onder. Die materiaal van die pak is spierwit en dit lyk verskriklik dik. Die deel waar hulle gesig is, word bedek met deurskynende plastiek.

Dit het nogal snaaks gelyk!

Ek is 13 jaar oud. Ons het in Port Elizabeth gewoon waar ek in Moregrove Laerskool was. Ons het die Januarie 2000 in Fukuoka geland.

Ons aankoms in Japan

Nico en sy ouers is sendelinge. Skryf vir hom by die volgende adresse en vra ook om gereeld sy nuusbrief te ontvang.

KASHIHARA
6-Chome-39-6
Minami ku
Fukuoka shi
811-1353
Japan

Epos: nicodewet@hotmail.com

Terug na Verinnniewêreld

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns >Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2005