2013-12


jongklomp

versfabriek

As ek maar net . . .

As ek maar net nog klein was

As ek maar net nog klein was,
was daar nou minder klere in my kas.
Het ek nie omgegee met wie ek speel -
almal het nog alles met mekaar gedeel.

Toe ek klein was wou ek nooit in winkelsentrums rondloop.
Daai tyd het ek nog gespeel verkoop-verkoop.
Net die gedagte aan 'n seun het my laat gril.
Daar was gereeld vir my gesê: "Sit nou stil!"

Ek het altyd geglimlag,
want dis mos 'n nuwe dag.
Toe ek klein was het ek nie so baie geweet.
Tog wens ek, ek het nie so baie vergeet.

Nou is ek nie meer klein en dis anders.
Nou is dit soos 'n geveg teen groot branders.
Net as jy dink jy is veilig daardeur
wil die volgende golf jou meesleur.


Ingrid Andrews (13) 2013

As ek maar net ...

As ek maar net kon vlieg
Sou ek om die wêreld  draai
In Afrika na Mosselbaai,
en vandaar na China en Shangai.
 
As ek maar net kon drome droom
en eendag word dit waar
sal ek graag met dolfyne swem
en in die see baljaar.

As ek maar net die slimste was
dan word ek President
en deel vir elke kind
‘n sakkie lekkers as geskenk.


Juante van der Merwe (10) 2012

 


As ek maar ... As my naam maar net ...

Gebruik die posbus en om jou versie aan Storiewerf te stuur,
en wie weet...

As my naam maar net Aspoestertjie was

As my naam maar net Aspoestertjie was,
sou dit nie nodig gewees het om te droom oor 'n prins,
sou die Goeie Fee my in 'n kits 'n Aspoestertjie maak.

Ek kon nou die mooiste feetjierok in Edgars uitkies,
hemelhoë hakke in Shoe City koop
en met pakkies vol grimering uit Revlon loop.

My hare gaan doen by die beste salon in die stad,
ek kon met my pampoen in vyfde rat jaag tot by die valentynsbal,
met my voorkoms sou ek elke prins se hart stop,
elke meisie sal jaloers wees, van hulle kop af, mal!

En dan sal my prins my hand neem,
al my stiefsusters sal kreun,
as ons sweef oor die dansbaan,
en ons oë op mekaar hou, soos in 7de Laan.

Maar voor my sprokie perfek eindig,
sal my Swartbessie se alarm afgaan
en ek sal hardloop tot by my pampoen,
langs die pad verloor ek my skoen ...

My prins sal slapelose nagte hê,
hy sal links lê, regs lê,
maar ek sal in sy kop maal
en in sy hart ronddwaal,
totdat hy my kom soek ...

Hy sal sy liefde vir my verklaar
en in my kamer, net daar,
sal hy my vra om te trou,
ek sal so graag wou ...

maar ongelukkig is my naam nie Aspoestertjie nie.


Marizanne Delport (14) 2012

Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2014