jongklomp

versfabriek

Skryf 'n haiko

Die aarde juig bly
God se seën het geval
Droogte is verby

 

Cara Wijnbeek (13)
2015

 

klere, hare beef
en die wind haal my hoed af
vir rimpelrotse

Jemima Meyer (16)
2014


Skryf 'n haiko

Gebruik die posbus en om jou haiko aan Storiewerf te stuur, en wie weet...

Wenke: Skryf 'n haiku

selfs die clivias
se hoofde is nou gebuig
laat sak in grys gras

Jemima Meyer (16)
2014

maanskyn in my oë
hy beloer my as ek slaap
die groot ronde oog

Jemima Meyer (16)
2014

deur die plunderaars
in die steek (steeds) gelate
verlate goudmyn

Jemima Meyer (16)
2014

 

wolke voor landskap
sluier oor haar groen gesig
wasige skoonheid

Jemima Meyer (16)
2014

see vloei weer en weer
terug na die laagste lêplek
Land onoorkombaar

Jemima Meyer (16)
2014

Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2016