2010-12


jongklomp

versfabriek

Skryf 'n limerick

Platanna is 'n padda, maar plat
Sy spat haar ou oupatjie nat
Sy't eendag gedink
Haar dammetjie stink
En toe vat Platanna die pad.

Danielle van der Mescht (11) 2010

 

'n Stoute kaboutertjie Jop
beland in 'n beker vol sop
hy't tjoef-tjaf gesink
gedog hy't verdrink
toe slurp hy die ertjiesop op.

Ricardo Meyer (14) 2010

 

Ertjie staan sonder sy dop
ewe cool nogal kaalstert en hop
hy staan nog en kyk
hoe bakgat hy lyk
toe lê hy ook in die sop.

Clinton Oktober (14) 2010

 


Hoe werk 'n limerick?

Dis 'n versie met vyf reëls.
Dit gaan oor 'n plek of 'n persoon.
Speel met woorde en betekenisse.
Daar's 'n grappie in die laaste reël.
Rympatroon a-a-b-b-a.
Ritme: ReŽls 1, 2, 5: da-DA da-da-DA da-da-DA (da)
ReŽls 3 en 4: da-DA da-da-DA (da)

Wil jy meer weet?
In
Skryfgeheime vertel die meester van die limerick,
Philip de Vos, hoe dit gedoen word.

Gebruik die posbus en om jou gedig aan Storiewerf te stuur,
en wie weet...

Magdalena Katriena van der Haar
se velletjie lyk tog te naar.
Sy smeer 'n roompie in
en 'down' 'n 'tot' gin
toe brand Katrienatjie se velletjie gaar.

Mika Stanvliet (15)

 

'n Yslike Frieskoei van Kos
het bevriend geraak met 'n Renos
Hy was 'n bul van 'n dier
vol pret en plesier
net jammer sy stertjie was los.

Crisna de Beer

 

'n Meisie wat woon in De Aar
Moet voeding kry want sy's so maer.
Sy word ingespuit,
En spring deur die ruit,
En val haar te pletter net daar!

Lucia Oosthuizen (14) Woodhill College

 

'n Dame woon in Parys
Se borrelbad borrel en bruis.
Sy gee nie veel om
Wie ook binne kom
En smul aan haar oesters op ys.

Andries Fourie (15) Woodhill College

 

'n Dame wat woon in Parys
Se huis is op baie dun ys.
Sy spring oor die hek,
En breek toe haar nek
En nou lê sy dood by die huis.

Shane Minnť (15) Woodhill College

 

'n Meisie wat woon in De Aar
Die eet glo net een keer per jaar.
Haar yskas is muf,
Die kos word gou gif,
En as sy eet word sy gou naar.

Gillian Coetzee (14) Woodhill College

 

'n Outjie genaamd Harry P.
Kan sy juffrou sů hoofbrekings gee.
Want in plaas van die vlinders,
Toor hy die kinders.
En hy’s maar nog in graad twee!

Marsunet Scholtz (17)

 

'n Sekere Pieter Viljee
Was erg oor sy meisie verleë.
Eers wil haar haar soen,
Dan ánder dinge doen...
Maar sy't hom 'n oorveeg gegee!

Melanie Human (17)

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Sy was teen alles gekant.
Sy't blare gerook
En glo erg gestook,
En nou't sy haar huis afgebrand!

Nico Beyer (gr 9) HS Garsfontein

 

'n Ouma wat woon in die Kaap
Sy loop altoos in haar slaap.
Sy ruil toe haar tanne,
Met dié van die manne.
En nou smile sy nes 'n aap!

Madelein Landsberg (17)

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Het glo 'n yslike hand
Wat sy daarin hou
Weet geen enkele ou
Maar dit lyk kompleet soos kontant.

Amabel Benade (14)

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Was héél teen romanse gekant.
Maar toe sien sy vir Koos,
Wat haar bloedrooi laat bloos.
En nou wil sy smeek om sy hand.

Tinus Stander (17)

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Gaan loop met haar jean op die strand.
Sy't gespring in die see:
Glo gegil en geskree
Maar nou is sy weg van die land.

Marnus van Staden (12)

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Was buitengewoon arrogant.
Het arm gestoei
Selfs met 'n koei
Maar val toe en breek haar tand.

Stephan Meyer (14) HS Vorentoe

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Was altyd aan't verkeerde kant.
Haar volksie is plat
Sy voel skoon sat -
Al wat sy oor het is haar band.

Michelle Roos (15) HS Eldoraigne

 

'n Meisie van Suikerbosrand
Oppad na 'n dans op die sand:
Sy wikkel en swaai
En maak nog 'n draai -
Toe val Suikerbos op haar kant.

Lise van Schoor (15) AHMS
Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2014