2010-12


jongklomp

versfabriek

Bou 'n NAAMRYM oor ...

'n Versie oor my (Xandri) en my maat Dian wat na Australie getrek het

Dromerig
Is my maat
Altyd daar
Net in my hart (en nog 'n versie...)


X (Vir ek's)
A
anpasbaar
Nuuskierig
Dromerig
Raaisel
Intelligent

Xandri Pretorius (11) 2010


Storiemal
Tot laat wil ek lees
Elke dag
Fantasie en diereverhale
Altyd op my leeslys
Nooit hou ek op lees.

Stefan Schalkwyk (11) 2010

 

Stories is self oortuigend
Tandknerse grillend
O
pwindend
R
omanties en rillend
I
nteressant
E
n sommer baie lekker


Jean-Pierre Manuel (14) 2009

 


...jouself

Raai
Ek
Is
N
Appel-
Tert-
Eter


Reinate van den Berg (9)


...beste maat

Lewenslustig
Energiek
Nie baie soet nie
Nie baie stout nie
Intelligent
Ewig my 'pel'!

Juan-Pierre Kleynhans (11)


...troeteldier

Spokie: 'n St. Bernard?
Poedel - is dit hy?
Op en wakker ding
Kan so lekker rondspring
In die straat is hy vry
En Poedel - dit is hy.

Werner Smit (10)

 


Sien jy hoe werk dit?

Gebruik 'n naam vir die eerste letter
van elke reël en skryf dan 'n versie oor jou maat of troeteldier.

Gebruik die posbus en om jou gedig aan Storiewerf te stuur,
en wie weet...

Rusty die Rifrug ons lieflingshond
Uniek hou jy wag van sonsondergang tot sonsopkoms by die agterdeur
Slim, intelligent en "Serious" waghond.
Tuis, Wes, Oos, Bes hou jy wag oor ons nes
Yslik groot, sterk soos die leeu van die Wes-Transvaal beskerm jy vir ons.

Rusty, jou ou doring. Jy is koning!

 

Sven Benson (13) 2009

Kleintjie van ons ou hond, Tjankie
Is my pa se hond
As sy my pa raaksien sing sy vir die maan
Rol rond op die grond op haar rug
As ons maar net geweet het wie haar pa is

Ons hond Kiara

Cari Viljoen (7)


Vriendelike vlooidraende medaljewenner
Lekkende groet elke keer wat ek jou sien
Eerste slim balterugbringer
Kou kou kou aan alles wat hy sien
Klein swart ogies wat alles raaksien
Interessante lang ore wat sleep op die grond
Eet heeltemal te veel ander goed as kos vir sy grootte

Vlekkie (my 6 maande spaniëlreun)

Blignaut Viljoen (11)

Lawwe
Aspatat
Rinkinkel
Altyd.

Angenita van den Berg (12)

Laggend
Opgewek
Uit en uit my top vriendin
Ingewikkeld
Serious
En dit is waar Louise begin...

Daniela Louw (14)

Is altyd daar vir my
Lag saam oor grappe: oud en jonk
Zonder haar is ek verlore
Ek: haar beste vriendin
-
Liefdevol: haar 2de naam
Een: sy is alleen en
En 'n ware individu.

Alicia Duvenhage (13)

Jy's Pa
En my Herder.
Soggens,saans...
U is daar. Dankie, want
Sonder Pa is ek niks!

Marsunet Scholtz (16)

Die heel eerste bydrae wat Versfabriek ontvang het,
kom van Engela Mayer van Laerskool Theresapark

Kerm die heelnag deur as hy moet buite slaap
Natte neusie in my mond as ek lekker gaap
Eet elke ding behalwe 'n raap
Raak beserk as hy ons in die middae hoor
Sag soos sy is sy lange oor
Is lief om skoene te kou wat ek dan moet red
Snoesig slaap my miniatuur worsie by my in die bed


Engela Mayer (9)
Terug na Versfabriek

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2014