2000


jongklomp

vonkelfiksie

Storiewerf skryfkompetisie 2000

Wenners

Net nog 'n swerfdag vir Idiota - Anelda Muller
Oor die Drumpel - Willťcia du Plessis
Outobiografie - Stephnie Fischer

Oor die skryfkompetisie

Kommentaar deur Martie Preller

Oor die skryfkompetisie

In Storiewerf se skryfkompetisie moes deelnemers moes 'n storie van 600 woorde skryf wat só begin: Ek draai versigtig aan die geroeste koperknop. Dit gly onder my sweterige vingers. Ek vat dit weer vas en draai hierdie keer met mening. Die deur swaai stadig oop. Ek kan my oŽ nie glo nie. NEE! Dit kan nie wees nie. Daar voor my ...

Die eerste prys is 'n skryfkursus by Martie Preller, terwyl die twee naaswenners boekpryse van Lapa-Uitgewers ontvang.

Die beoordeling is gedoen deur Martie Preller.

Kommentaar deur Martie Preller

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en BAIE geluk aan die wenner en naaswenners. Kompetisies is darem maar HEERLIKE goed - vir die wat wen en AAKLIGE goed - vir die wat nie wen nie. Maar dis GREAT dat almal deelgeneem het, want as jy nie deelgeneem het nie, kon daar NIKS gebeur het nie!!!!!!! En dit was BAIE moeilik vir my om te besluit wie wen - want ek kon sien dat almal iets lekkers beetgehad het - die wenners het net daarin geslaag om hulleself meer oortuigend uit te druk op papier.

Ek het al die stories gelees soos 'n "leser" - met ander woorde ek het gaan sit met al die inskrywings en gesÍ: 'Okay, hier staan ek nou tyd af om die woorde te lees wat jy geskryf het - doen nou iets vir my! Vermaak my - laat my lag of laat my huil of laat my wonder of RAAK my op die een of ander manier. Moet my net nie VERVEEL nie!!!!! Onthou - JULLE sÍ net so maklik "BORING!!!!!" as iets julle verveel! En dis iets wat julle as voornemende skrywers van die begin af moet weet - jy moet jou leser se aandag HOU - hoekom anders sou hy/sy lees? En 'n lekker storie (al is dit net een van 600 woorde) hou mens se aandag - want daar GEBEUR iets en dan weer GEBEUR daar iets onverwags - en dit hou jou aandag - en jy WIL WEET WAT GAAN GEBEUR en dit laat mens verder lees. En DIS wat 'n storie is - iets wat jou laat aanhou en aanhou lees OMDAT JY WIL WEET WAT GAAN GEBEUR! Maar, jy kan ook nie sommer net voortbabbel nie - daar moet "orde" in jou storie wees - dit moet "sin" maak. Jy kan nie sommer 'n karakter inbring en dan verdwyn hy weer sonder dat hy bygedra het tot die verloop van die storie nie.

Die meeste van die nie-wenners se stories was te lank vir net 600 woorde - dan word die storie so ylerig soos jy hom probeer inpers in die hoeveelheid woorde. As mens net 600 woorde mag gebruik, dan vertel 'n mens 'n "klein" storie - maar nog steeds een met 'n oploop (daar moet iets gebeur) - 'n klimaks (iets onverwags gebeur) en 'n afloop.

Ek weet dis BAIE moeilik om so kort te skryf - maar dis BAIE goeie oefening want dit dwing mens om by die ESSENSIE van die storie te bly.

Nou ja - laat ek ophou babbel! Beste daar vir almal wat deelgeneem het en BOEHOE vir die wat nog wou en dit toe nie gedoen het nie. Miskien doen ons later in die jaar of dalk vroeg volgende jaar weer so iets!!!!

Martie Preller

Terug na Vonkelfiksie
Al die wenverhale

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2005