2001


jongklomp

vonkelfiksie

Storiewerf skryfkompetisie 2001

Die dag toe ek my naam badprop gemaak het - Marita van Rooyen
Niks meer games vir Werner nie - Johnathan Botha

Die Spieëlbeeld - Lulu Pretorius

Oor die kompetisie

Uitslag en kommentaar

Oor die skryfkompetisie

In Storiewerf se skryfkompetisie moes deelnemers 'n storie van nie meer as 1000 woorde skryf wat só begin: Werner gooi sy tas verwoed op die bus se sitplek neer en plak homself neer. Arms gevou staar hy voor hom uit. Wat 'n MISLIKE dag. NOG 'n mislike dag in rye en rye van mislike dae. Mislike weke. BORING! BORING! Die ander kinders kwetter om sy ore soos verwarde spreeus. Die gewone ou snert wat almal altyd kwytraak. Gebeur daar dan net NOOIT iets interessants nie? Iets ANDERS as die gewone. Ag tog.

Die bus trek met 'n ruk weg. En skielik … nee dis onmoontlik … HUH? Werner sit skielik penorent want …

Die eerste prys is 'n skryfkursus by Martie Preller, terwyl die twee naaswenners boekpryse van Lapa-Uitgewers ontvang.

Die beoordeling is gedoen deur Martie Preller.

Riglyne vir jou stories.

Uitslag en kommentaar op skryfkompetisie

Dit is vir my baie aangenaam om alle belangstellendes mee te deel dat die wenners van die skryfkompetisie bekend is. (Is dit nie 'n absolute BELAGLIKE sin nie?) Ek gaan weer probeer: Dis vir my BAIE lekker om te sê dat daar DRIE wenners van die skryfkompetisie is. (Klink dit beter?) (smile) Ek kon nie kies tussen die drie inskrywings nie, want al drie is uiters talentvol, dus het ek besluit dat ek baie graag vir al drie die skryfkursus wil aanbied. Ek sien ook baie uit om hulle te leer ken. BAIE geluk aan hulle drie. Ek kan sommer sien dat hulle woordpaaie nog verpaaie gaan word wat by baie stories gaan aandoen.

Ons (dis nou ek en Franci) het gewonder hoekom daar so min inskrywings was. Daar was net drie. Maar dit was drie GREAT inskrywings, daarom is dit fine. Maar ons wonder nog. (nes Balkie) (smile) Kan iemand dalk vir ons sê? Ek kan aan redes dink (natuurlik kan ek - ek is 'n skrywer) maar ek sal graag wil hoor wat julle te sê het oor skryf. Skryf julle liewers joernale/dagboeke/poësie as stories? Skryf julle liewers in Engels? Ons weet julle is baie besig en moet probeer om skool, ouers, familie en nare vriende ens ens te oorleef. Maar? Julle in wie die woorde soms kriewel soos duisendpootpootjies wat oor jou binnevel loop …. wat skryf julle? Hoekom skryf julle nie?

Skryf vir my oor skryf as jy wil. My adres is martie@storiewerf.co.za. Ek het ongelukkig nie antwoorde nie - net nog baie vrae. Miskien kan ons almal ons vrae saamgooi?

Martie Preller

Terug na Vonkelfiksie
Al die wenverhale

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2005