2016-02

jongklomp
haasbekkies


Mientjie in die troonkamer
Helen Sandham
Deel 1
mientjie titel

“Kwiek, kwiek, kwiek!” roep Mientjie opgewonde, toe sy vir Annie, haar mens-mamma, die kamer hoor inkom.

Nuuskierig maar huiwerig steek Mientjie haar kop uit haar houtboks.  Dié staan in haar gedeelte van die kamer wat sy met Martie, haar beste vriendin, deel. Martie is ook ’n marmot en is ’n paar jaar ouer as Mientjie.

mientjie en martie

Annie steek haar hand in die hok en Mientjie skarrel weer vinnig terug in haar houtboks. Annie steek haar hand verder in en voel na Mientjie. Saggies vryf sy haar kop en groot ore.  Mientjie hou daarvan.

“Ek moet vandag julle hok skoon maak,” vertel sy haar marmotte.
“Martie, jy moet mooi na Mientjie kyk, want laas keer het sy amper van die bed afgeval! So, ek gaan probeer om julle hok vinnig skoon te maak,” sê Annie, terwyl sy Martie se kop en rug streel. Martie hou ook daarvan.

“Mientjie,” sê Annie, “jy moet mooi luister na Martie, want sy is drie jaar ouer as jy en het meer wysheid as wat jy dink.”

Annie sit altyd vir Martie en Mientjie op haar bed terwyl sy hulle hok skoon maak. Martie weet al om stil te sit op die bed, maar op ’n dag wou Mientjie nie stilsit nie, want sy wou net sien hoe groot die bed was. Sy sou geval het as Annie nie in die kamer was nie. Gelukkig het Annie gehoor hoe Mientjie se skerp naels teen die beddegoed skraap. Mientjie het baie groot geskrik!

Martie se kommentaar op die gebeurtenis was: “Groot skrik is al hoe jy gaan leer.”

Mientjie vind dit so moeilik om stil te sit. Sy kan haarself nie help nie! Sy wil meer weet oor wat om haar aangaan in die kamer – die kamer wat sy en haar maatjie met haar met haar mens-mamma deel.

het jy geweet

 

vervolg
deel 2

Storie, foto's en video's deur Helen Sandham. Helen is 'n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2015.
Kopiereg Helen Sandham

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2016