2000-08-01

jongklomp
haasbekkies


Hoekom is die see swart?
Marianna Brandt
Deel 1

Pieter Pikkewyn se oŽ rek groot toe hy een oggend see toe waggel.
"Wag vir my, Pieter!" roep sy jonger boetie, Paultjie agterna.
Pieter hoor hom amper nie. Wat hy sien, is iets wat hy nog nooit op Dasseneiland gesien het. Nog nooit het die see so gelyk nie.
Paultjie haal hom in.
"Haai Pieter, hoekom lyk die see so?" vra hy.
"Ek weet nie," sÍ Pieter. Die seewater is altyd blou maar vandag is dit pikswart. Die skuim ook. Alles is swart. Die klippe, die bamboes en al die skulpe op die strand. Die blou see kleur nooit die klippe en bamboes blou nie. Hy verstaan dit glad nie.
"Kyk vir Sonnejie. Haar wit bors is ook swart!" roep Paultjie uit, "Sy's nou pikswart, nes die see!"
"Dis snaaks. Dis baie snaaks," sÍ Pieter en kyk na die baie pikkewyne wat uit die water gewaggel kom, "Kom ons gaan kyk wat dit is."
Pieter en Paultjie waggel nuuskierig na die rotse toe.
"Sjoe, die rotse is glad vandag," sÍ Pieter toe hy gly en op sy stert val.
"Dis oor die see swart is," sÍ Paultjie, "Kyk, die see sit aan jou pote vas!"
Pieter kyk af na sy pote. Haai ja, die see was nog nooit so snaaks nie," sÍ hy en probeer weer 'n keer op die rots klouter.
Uiteindelik is hy bo-op. Nou is dit Paultjie se beurt.
Paultjie gly sommer 'n paar keer van die kant van die rots af. Toe hy weer probeer, gly hy sommer erg en beland in die swart seewater. Sy hele lyf is swart.
"Die see sit aan my lyf vas!" skree hy, "Ga...dit stink!"
Pieter sien hoe sy boetie spartel.
"Stink! Die see stink nooit nie," roep Pieter.
"Help! Help! My vere klou aanmekaar vas. Die see is in my neus. Ek kan nie asemhaal nie. Help!" skree Paultjie.
"Wag! Ek kom!," roep Pieter en spring in die water in.
Toe hy weer kyk, is hy ook pikswart. Die swart sit aan sy vere vas.
"Kom, ons moet op die strand kom sodat jy jou snawel aan 'n skulp kan afvee," sÍ Pieter.
"Ek is honger," kerm Paultjie en begin te huil toe hulle wal toe waggel.
"Vandag is hier nie vis nie," sÍ Pieter mismoedig.
"Waarheen is die vis dan?" wil Paultjie weet.
"Hulle is almal diep onder die see," verduidelik Pieter en sug.
"Nee, moenie so sÍ nie. Ek is honger," huil Paultjie.
Donsie, 'n meisie pikkewyntjie sien hulle en kom nader gewaggel.
"Die see is lelik. My pa sÍ dit kan vir lank so bly," sÍ sy.
"Het jy al geŽet?" wil Paultjie dadelik weet.
"Nee, ek het nie. Hier is nie vis nie," sÍ sy.
"Hoekom is die see so swart?" vra Pieter dan.
"Dis die mense se skuld. Hulle hou nie van ons nie. Toe maak hulle die see so," raas Donsie kwaai.
"Dink jy regtig so?" vra Pieter.
"Ja, my pa sÍ so. Hy sÍ dis nie die eerste keer dat hulle dit doen nie."
"Maar hoekom sit die see aan ons vas? Weet jy?" vra Paultjie.
"Ek weet. Sien julle daardie vreeslike groot skulp wat bo-op die see dryf soos 'n bloublasie?"
"Ja...ek sien hom," sÍ Pieter.
"Dis daardie ding. Hy is vol mense. Toe ons geslaap het, het hulle die see so swart gemaak," verduidelik Donsie.

Terwyl hulle nog so wonder hoe die see so swart geword het, hoor hulle skielik mensstemme.
"Kyk hoe lyk hulle van die olie," sÍ een van hulle.
Skielik is daar geel en rooi menshande om Pieter, Paultjie en Donsie se lywe. Hulle skree en skop en hap na die vingers wat hulle so styf vashou maar niks help nie.
"Ek sal jou byt! Ek sal jou byt!" skree Pieter. Hy pik-pik met sy skerp snawel aan die vingers wat hom versigtig in 'n kartondoos met loergaatjies sit.
"Nee!" skree Paultjie, "Mamma!" En voor hy nog weer kan skree, is hy saam met sy boetie in die kartondoos.
"Los my uit!" skree Donsie en kry 'n vinger van die mens wat haar optel beet.
"Eina, jou stout pikkewyn!" skree die mens en sit vir Donsie by Pieter en Paultjie in die kartondoos.
"Waarheen neem hulle ons nou? Ek wil huis toe gaan!" begin Donsie nou te huil.
Die menshande tel die kartondoos op. Pieter, Paultjie en Donsie kyk deur die loergate aan die kante van die doos. Hulle kartondoos word saam met baie ander in 'n helikopter gelaai.
Die helikoper styg op en vlieg oor die see en voor Pieter, Paultjie en Donsie nog kan wonder waarheen hulle gaan, land die helikopter in Yzerfontein.
Daar word die dose afgelaai en op 'n trok gelaai. Toe die trok begin dreun, kyk Pieter, Paultjie en Donsie deur die loergate. Al wat hulle kan sien is die ander kartondose om hulle.
"Weet julle waarheen ons gaan!" roep een van die pikkewyne in 'n kartondoos langs Pieter-hulle.
"Nee, ons weet nie," sug Pieter.

vervolg
Kopiereg Marianna Brandt
Die storie word geskryf deur tannie Marianna Brandt.
Jy kan vir haar skryf by marianna@storiewerf.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012