Jy gebruik elke dag allerlei ongelooflike tegnologie. Maar hoe werk dit regtig? Blaai tot die feite en vind uit wat jou selfoon laat werk, wat`s binne-in jou iPod, hoe oefenskoene ‘n wip in jou stap sit en hoe ‘n bioniese lyf in die toekoms sal lyk. Hierdie boek met sy fyn detail en verstommende foto’s is ‘n ongelooflike ontdekkingsreis om alles uit te vind oor moderne tegnologie en toekomstige tegno-wonders.