Gabriel skrik wakker in `n donker kelder in `n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy onthou is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie en in die begraafplaas is `n graf met sy naam en geboortedatum op. `n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van `n Khoi seun en `n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .