Nico se pa is n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp… Haarjel wat van kleur verander. n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel. Toe Nico en sy beste vriend baklei, besluit Nico om Bertie saam skool toe te vat….