s_oondvars_150
112

Biltong en Barakat

Samestellers: Annarina Lubbe, Rudi Daniels en Hettie Glas
Tafelberg

Hierdie kortverhaalbundel is saamgestel met die Gr 12 leerder wat Afrikaans as Eerste Addisionele taal neem in gedagte. Die verhale kom uit n verskeidenheid eras en die skrywers is sowel bekendes in die Afrikaanse literatuur as minder bekendes. Maar dat die samestelling verteenwoordigend is van die Afrikaanse skrywerskorps is `n feit: Hennie Aucamp, Chris Barnard, Jackie Nagtegaal, Zulfah Otto-Sallies, Natanil . . . reeds lus om te begin lees? Wat dan nog van E.K.M Dido, Kirby van der Merwe, Elsa Joubert, Willem Fransman en Riana Scheepers?
Die samestellers wou die Afrikaanse kortverhaal in sy wydste verskeidenheid en in al sy variteite ondervang. Daarom word verskillende soorte Afrikaans aangetref van sg. standard-Afrikaans tot Kaaps, Namakwalandse Afrikaans, Engafrikaans en meer.

Publikasie: 2007-07-10
0
Would love your thoughts, please comment.x