Dolgelukkig. Dit is hoe Elle deesdae voel. Maar dan loop dinge onverwags skeef. En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir `n staptog van `n heel ander aard … een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie. Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese tienerreeks oor Elle Kroon se avonture. Die vorige twee boeke is Kondensmelk en Koshuiskoffie. Die boeke volg op mekaar, maar kan ook as enkeltitels gelees word.