In hierdie uitbundige, selfs woeste, prenteboek word jonk én oud deur Riana Scheepers se rymvernuf en Vian Oelofsen se virtuose tekeninge meegesleur deur die avonture van `n baba wat nie om dowe neute Wilde Willemientjie heet nie – sy is wild! Nie net dryf Willemien haar ouers teen die mure uit met haar kaskenades nie, maar vermorsel sommer ook `n skurk of twee wat op haar pad kom. Saam met haar ewe onnutsige dieremaats reis hulle deur die wêreld, beleef wonderlike avonture en sorg vir `n groot, vet makietie oral waar hulle gaan. Willemientjie is slim, waaghalsig, en baie, baie dapper. Sy is `n wonderbaba, `n kind wat eenhonderd persent in harmonie met die ekologie is.