Die derde avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deeurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op `n ontdekkingstog gaan. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp….
Toe is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in, om `n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is. In hierdie boek wys Oupa Dinges hulle sy nuutste uitvinding: `n laserstraal wat `n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat `n mens `n hele brood daarvan kan bak. Maar dinge loop skeef en twee van hulle begin krimp…