s_oondvars_150
463

Die luiperds van Shong

Paul Jaco
Human & Rousseau

Seevie – `n tienerseun met `n passie vir wildbewaring, red `n luiperdwelpie toe sy slegs a dag oud is. So word die jong luiperd, Shuna, die nuutste lid van `n familie op `n plaas in Kwa-Violentia. Seevie word groot as die seun van Kolonel Merbe en Andrietti Bikoson, maar die raaisels rondom sy familie se verlede laat hom vermoed dat hy `n aangenome kind is. Seevie en sy meisie, Tensy, verken die Sh`ongberg met sy honderde grotte, op soek na die graf van Seevie se vervreemde suster, Ladine, wat vermoor is tydens `n aanval deur `n terroristegroep genaamd die Spuds. Die botsings tussen die Spuds en die gemeenskap op die Sh`ongberg betrek nie net vir Seevie en Tensy nie, maar ook vir Gum, die stamhoof Sh`ong se onverskrokke seun. Merby besluit om uiteindelik vir Seevie die geheim van sy lewe en ware identiteit te vertel wanneer hy 18 word. Maar in die weke voor hierdie belangrike gebeurtenis, dreig die Spuds om die Sh`ongberg aan te val en Seevie gebruik Shuna, die luiperd, om die bergmense te red. Die avontuurverhaal ondersoek die geesteswereld van `n ontwikkelende tiener soos wat hy leer hoe om die passies en probleme te hanteer wat met grootword en die ontdekking van `n eie identiteit gepaardgaan, en deurentyd sy geliefde luiperd by hom om hom te motiveer.

Publikasie: 2008-09-28
0
Would love your thoughts, please comment.x