“Ek sweer by jou, Yoruba, dat jy eendag weer `n waardige plek in ons huis sal hê!” Só belowe Theuns Meyer die houtmasker, wat volgens stamtradisie net deur welvarende mense besit mag word, toe hy dit ná sy pa se vonnis uit hul bankrotboedel red. Maar op Sandbaai, waar hul tydelik in hul oom se vakansiehuisie intrek, en sy ma probeer om met naaldwerk kop bo water te hou, word die moontlikheid al meer onwaarskynlik. Theuns was kaptein van hul skool se onderwaterhokkiespan en `n ervare duiker. Nóú kan hy hoogstens gaan duik om van sy woede en frustrasie ontslae te raak.
Totdat hy vir Ras Payne op die strand raakloop … en `n strooptog een maanlignag skeefloop en alles verander…