s_oondvars_150
1128

Die Serfontein-kinders

Theunis Krogh
Human & Rousseau

Doktor Roelof Serfontein, miljoener, wereldbekende skrywer en hoof van Keurboslaan se beroemde seunskool, vind dit moeilik om die roman te voltooi waaraan hy reeds twee jaar lank skryf. Hierdie keer is dit sy eie vyf kinders wat hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik is. Die 14-jarige Josef is die oudste, die maklike seun, maar Richard is duideik sy pa se kind: effens teruggetrokke en sensitief. Die 8-jarige Berrie se spontaniteit maak hom almal se maat, Diaan is waarskynlik die ‘normaalste’ kind, maar Laetitia is geestelik en akademies heelwat ouer as vier jaar. Ook Karl, die aangenome seun van dominee Goosen, sowel as Tessa, wat haar man, dokter Eugene Krynauw, om kinderagtige redes verlaat het, se teenwoordigheid op Keurboslaan stel doktor Serfontein se geduld deeglik op die proef.

Publikasie: 2010-02-05
0
Would love your thoughts, please comment.x