Die speletjie se naam is Rebel. Die man by die speletjiewinkel sê dis die speletjie van alle speletjies. Daar is ’n vampier-spinnekop, aaklige monsters en hope aksie. Hanno en Ian kan nie wag dit te speel nie! Maar iets is fout … Vreemde dinge begin skielik by die skool gebeur. Presies dieselfde dinge wat in die speletjie gebeur … ’n Lekker grillerige avontuurverhaal propvol aksie wat lesers tussen 9 en 12 jaar sal laat naels kou! Spinnekopspeletjie is aangewys as die wenverhaal in die ATKV/Antwerpen-kinderverhaalwedstryd vir 2007. Dit is Christie Nortjé se debuut.
BEKRONING:
ATKV-Kinderboektoekenning