Josua is sewentien. Sy gesin woon in Stellenbosch waar sy pa klasgee. Josua se suster Beatrix is gemoedelik, maar sy jonger boetie, Markus, is ’n beterweterige rekenaarfundi en ’n parmant. Toe ’n familievriend vra of sy dogter daar kan kom bly, kan hulle pa nie weier nie, en so trek Tatiana by die Van Edens in. Gefassineer deur die vrygeestige Tatiana met haar tongring en haar kome en gane nes sy wil, word Josua ingetrek in die duistere wêreld van rolspele. Maar alles is nie soos dit lyk nie, en daar wag rugstekery en vernedering op jong Joshua, wat die storie op ’n naelbyteinde afstuur. Die roman werk boeiend met sake wat vir tieners erns is, soos alkoholmisbruik, dwelms en seks. Dit is Carina Diedericks-Hugo se eerste oorgrensroman vir beide jong volwassenes en volwassenes.