s_oondvars_150
1632

Dierehotel: Alle diere welkom!

Kate Finch
LAPA

Die tweeling Liela en Dirkie kan nie glo hulle gaan in hulle tante se hotel bly nie. Die Diamond-hotel lyk nou wel oud en afgeleef – maar daar wag sommer hope verrassings op hulle! Die hotel is vol ou kamers en daar is ’n daktuin en selfs ’n hysbak. Daar is ook een GROOT probleem – daar is geen gaste nie. Maar toe Liela en Dirkie aanbied om na hul nuwe buurman se hondjie te kyk, gee die woelige, wollerige bondeltjie hulle ’n fantastiese idee. Hulle gaan hul nuwe tuiste in ’n ongelooflike hotel verander … spesiaal vir diere! En hulle kan nie wag om die eerste besoekers in die splinternuwe hotel te verwelkom nie. Die gewilde Pet Hotel-reeks is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar! Jong diereliefhebbers sal versot wees op die tweeling se avonture in die Dierehotel. In elke boek maak daar ’n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel – en dit sorg vir hope opwinding. ’n Prettige, snaakse nuwe reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture!

Publikasie: 2014-04-04
0
Would love your thoughts, please comment.x