’n Aangrypende, insigryke en eerlike verhaal van ’n tiener wat worstel met haar pa se kanker en sy uiteindelike dood – terwyl die lewe vir haar en haar gesin moet aangaan. Die boek gaan oor die dood, maar veel meer oor die lewe, drome, verliefraak, engele, en ’n perd genaamd Harry. Emosies soos woede, hoop, onderhandeling, vertwyfeling, verdriet en uiteindelik aanvaarding en heling is wat Mia moet hanteer . Dis ’n besonderse storie wat nooit preek of soetsappig is nie , inteendeel, dit bevraagteken eerder as om neerbuigend te wees. ’n Verfrissende tienerverhaal.